DStv nou 168% duurder as 20 jaar gelede
DStv nou 168% duurder as 20 jaar gelede

DStv nou 168% duurder as 20 jaar gelede

Petrus Malherbe - Suid-Afrikaners kla gewoonlik in Februarie elke jaar steen en been wanneer Multi­Choice sy prysver­hogings aankondig.

Die jongste prysstygings is pas bekend gemaak.

Daarvolgens styg DStv se ­Premium-pakket vanaf 1 April met 1,24%, oftewel R10, tot R819 per maand.

Dié duurste pakket is nou 168% duurder as twee dekades gelede.

In 2000 was daar nog nie verskillende DStv-pakkette om van te kies nie. Die enigste DStv-pakket het toe R305,60 per maand gekos. Oor die volgende tien jaar het die prys van 'n DStv-intekening jaarliks met tussen 3,1% en 7,2% gestyg.

Van 2011 tot 2013 was die prysstygings onder 6% per jaar.

Die grootste styging was in 2016, toe DStv se Premium-pakket in April van daardie jaar 8,6% duurder geword het. Dit het toe R759 per maand gekos.

Sedert 2017 is die jaarlikse styging aansienlik laer. In 2019 het Multi­Choice die prys van DStv Premium onveranderd op R809 per maand gelaat.

Vanaf April vanjaar sal dit nou R120 per jaar meer kos. Tog is die jongste prysstyging ver onder inflasie.

MultiChoice het in September aangekondig hy gaan die prys van DStv in verskeie Afrikalande verlaag.

Dis reeds heelwat goedkoper in Nigerië en Angola as in Suid-Afrika, maar kykers daar het nie toegang tot presies dieselfde inhoud nie.

DStv is die duurste in Ethiopië, Malawi, Mosambiek, Kenia, Uganda en Tanzanië, waar die toppakket reeds meer as R1 000 per maand beloop.

DStv het tans sowat 8,2 miljoen intekenare in Suid-Afrika uit 18,9 miljoen regoor Afrika.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!