DStv Now binnekort in 4K
Volgens die maatskappy kan 4K-stroming “binne die volgende paar maande” beskikbaar wees.
Petrus Malherbe – MultiChoice beplan om eersdaags video in 4K-resolusie op sy stromingstoep DStv Now beskikbaar te stel.
4K is die volgende generasie ultra-hoëdefinisie beeld en is reeds beskikbaar om te stroom op platforms soos YouTube en Netflix.
“Ons ontwikkel DStv Now voortdurend en 4K-stroming sowel as toeps vir slimtelevisies en Apple TV kom binnekort,” sê Mark Rayner, MultiChoice se bedryfshoof in Suid-Afrika, in ’n verklaring.
Dit is nog nie bekend presies wanneer 4K-stroming vir kykers beskikbaar gaan wees nie, maar ’n woordvoerder vir die maatskappy het aangedui dit sal “binne die volgende paar maande” gebeur.
Showmax, wat ook deur MultiChoice besit word, oorweeg tans ook 4K, maar dit sal eers heelwat later op die platform geïmplementeer word.
MultiChoice het in Mei bekend gemaak DStv beplan om sy stroomdiens afsonderlik beskikbaar te stel vir mense wat nie op die volle Premium-pakket ook wil inteken nie.
Dit vorm deel van die maatskappy se poging om die impak wat stroomdienste soos Netflix op sy wins het, teen te werk.
DStv Now op Android, iOS en aanlyn bied aan kykers reeds toegang tot regstreekse uitsendings van al die DStv-kanale sowel as televisiereekse en flieks, maar dit is gekoppel aan ’n DStv Premium-pakket.
Volgens MultiChoice is sportkanale verreweg die gewildste op DStv Now, veral nou tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
“Die gebruik van die toep op weeksdae het met 60% gestyg sedert die begin van die toernooi,” sê die maatskappy in ’n verklaring.
Die meeste mense het gelyktydig na die wedstryd op 26 Junie tussen Nigerië en Argentinië gekyk.
DStv Now was egter onder veel erger druk vroeër die maand toe die Springbokke hul tweede toets teen Engeland op dieselfde tyd as ’n Wêreldbeker-sokkerwedstryd gespeel het.
“Die hoeveelheid kykers gelyktydig op die toep was daardie dag sewe keer meer as die vorige hoogtepunt in Julie verlede jaar.”
Wat benodig jy vir 4K?
Ultra-hoëdefinisie beeld is nog ’n relatiewe nuutjie in Suid-Afrika en min Suid-Afrikaners beskik oor die nodige tegnologie om dit te kan gebruik.
Eerstens sal jy ’n 4K-televisie benodig, soos Hisense se nuwe 4K Laser-televisie wat ’n astronomiese R150 000 kos. Daar is goedkoper alternatiewe.
Daarbenewens sal jy ook ’n blitsvinnige internetverbinding kort van minstens 25 megagrepe per sekonde.
En natuurlik ook onbeperkte data, want 4K-stroming blaas deur byna 7 gigagrepe vir elke uur van programme kyk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie