Dít het Namibiërs die afgelope drie weke geleer
Met ’n landswye hoktydperk wat om middernag vanaand intree, is talle dit eens – niks gaan ooit weer dieselfde wees nie.
Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê die uitbreking van die Covid-19-pandemie, bring ongekende uitdagings mee.
Dis die heel eerste keer sedert onafhanklikwording dat ’n noodtoestand afgekondig word vanweë ’n openbaregesondheidnoodgeval, sê sy.
“Gevolglik was ons noodbestuurpraktyke tot dusver gerig op weerverwante noodgevalle, soos vloede en droogtes, ofskoon ons ’n noodbestuurplan in plek het.
“Behalwe dit, die aard van Covid-19, wat nie net hoogs aansteeklik is nie, maar moontlik dodelik en sonder ’n geneesmiddel, het geweldige uitdagings meegebring. Dit sluit in die logistiek om met die gesondheidsaspekte om te gaan, die koste van gesondheid en maatskaplike reaksie en die impak op die ekonomie, individue en huishoudings.”
Ondanks dié werklikhede “doen ons oukei”, meen sy.
“Dit is egter nog vroeg, en ons sukses as ’n land om met Covid-19 om te gaan, sal uiteindelik afhang van eenheid in ons strewe en optrede deur alle Namibiërs.”
Die uitvoerende vervaardiger van aktuele aangeleenthede by die nasionale uitsaaier, mnr. Peter Denk, sê: “In ons leeftyd het ek nooit gedink ons sou ooit in ’n staat van inperking hier in Namibië wees nie – ’n land van wye en oop ruimtes. Ek sou nooit dink ons sou buitelanders met agterdog bejeën nie. Ons het hulle tot dusver met ’n glimlag so wyd soos die afstand tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verwelkom, want ons het hul toerismedollars, -euro’s en -sterling en ander geldeenhede nodig.”
Hy sê beperkte kennis oor die virus en “amateurvirologie” is olie op die vuur van vrees en paniek, veral in die sosiale media.
“Ons was nie voorbereid nie, maar danksy die mense se vermoë om aan te pas, het ons gewoond geraak aan die staat van inperking en minder mense in ons land.
“Die meegaande sosioëkonomiese gevolge en -kostes is soms ongenaakbaar en sal dalk nog jare ná Covid-19 gevoel word.”
Denk meen egter die uiteinde hoef nie net droewig te wees nie.
“Dit is ’n feit dat uit elke slegte situasie ook goed kan verskyn. Vernuwing deur die Universiteit van Namibië (Unam) lei daartoe dat hulle hul eie sanitasiemiddels vervaardig.
“Maar ná alles gesê en gedoen is, kan ons verseker wees dinge sal en moet nooit weer dieselfde wees nie. Ons kan nie vergeet van Covid-19 en hoe ons aarde weer kan asemhaal nie, hoe ons moet waardeer wat ons het en ook baie meer respek toon vir ons skoonmakers, lorriedrywers en die mense wat saak maak. Hopelik het die masker van materialisme ook, alhoewel nie afgeruk nie, wel ’n paar duidelike skeure gekry, want ons het gesien wat werklik saak maak is ons, die mense.”
Me. Natasha van Wyk, ’n Swakopmundse maatskaplike werker, sê: “Hierdie paar weke het ons geleer om baie geduld te beoefen en ook hoe ons dinge as vanselfsprekend aanvaar, maar wanneer dit weggeneem word, soos byvoorbeeld die gebruik van sekere winkels, besef ’n mens hoe waardevol elke aspek van hierdie wêreld eintlik is.
“Ja, alles is nie per se lewensbelangrik nie, maar tot ’n mate tog. Dalk het jy net daardie ekstra bol wol nodig of stukkie lap om jou kunswerk te voltooi, is dit tog ook belangrik aangesien dit vir jou vreugde bring sowel as jou konstruktief besig hou.”
Van Wyk gee vir Denk gelyk dat die toekoms anders móét wees.
“Die weg vorentoe is ons sal nou moet besef dat ons vir die onvoorsiene ook moet beplan en moeilik soos dit is, moet ons toegeeflik wees vir veranderinge. Die veranderinge is daar om ons sterker te maak, nuwe vaardighede aan te leer en wyser te maak.”
Dr. Wesley Pieters, ’n bedryfsielkundedosent, sê die afgelope drie weke het hom “geleer dat die lewe baie kosbaarder is en daar ander dinge waardevoller as werk en die gejaag na doelwitte is. Die paar weke het my laat besef dat ons prioriteite nie altyd op die regte plek was nie. Ek het ook besef as ’n mens weghol van jou ‘eie monsters’ is daar geen wegholplek nie, maar dat dit die tyd is om daarna te kyk.”
Die kommunikasiebestuurder me. Mauriza Fredericks sê: “Almal van ons wil graag beheer oor ons werk, leefstyl of selfs die ritme van ons bestaan hê. Dit was egter ’n lewensredder vir my om beheer te laat gaan tydens hierdie krisis. Ek moes myself eers tyd gee om die skok te verwerk en te aanvaar dat dit die nuwe norm vir almal is. Daarná het ek klein stappies geneem om my persoonlike en professionele lewe te herrangskik.
“Ek doen langafstandwedlope vir ontspanning en kon daardie vermoëns tot my voordeel gebruik, deurdat ek my asemhaling en die tempo waarteen ek die ongemak van die inperking benader, kon toepas om die spanning te verminder.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie