Dít is hoe regrukhoof Eskom moet help
Eskom het in die boekjaar tot einde Maart ’n reuseverlies van bykans R21 miljard gely.
Elvira Wood – Freeman Nomvalo, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica), sal moet kyk wat met Eskom se skuldlas gedoen kan word en hoe om beleggers na dié kragreus te lok.
Hy sal ook moet help om Eskom se balansstaat te optimaliseer.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag tydens die bekendstelling van Eskom se jaarresultate aangekondig dat Saica ingestem het om Nomvalo na die pos van regrukhoof van Eskom te sekondeer.
Die departement van openbare ondernemings sê Dinsdag in ’n verklaring Nomvalo gaan ’n span aanstel om hom te help met dié take.
Hy sal verslag doen aan die direksie van Eskom, en aan die ministers van finansies en openbare ondernemings.
Die taak om plan met Eskom se skuldlas te maak, sal uitdagend wees, aangesien die nutsmaatskappy nou sowat R440 miljard skuld het.
Eskom het in die boekjaar tot einde Maart ’n reuseverlies van bykans R21 miljard gely. Sy bedryfsinkomste is so laag hy sukkel tans om net die rente op sy skuld te betaal. Boonop verwag Eskom om ’n soortgelyke verlies in 2020 te ly.
Saica sê in ’n verklaring dit is nie die eerste keer dat hy sy uitvoerende hoof sekondeer om die regering te help nie.
Hy sê verder dat Nomvalo steeds sy pligte by Saica sal uitvoer en dat hy “van sy tyd” aan Eskom sal spandeer.
Volgens Saica is die verwagting dat Nomvalo vir ses maande by dié projek betrokke sal wees.
Nomvalo sal sy span uit onder meer lede van Saica saamstel.
Nomvalo is in Januarie by Saica aangestel.
Hy is ’n Harvard-alumnus en het van 2004 tot 2013 as Suid-Afrika se rekenmeester-generaal gedien.
Tussen Junie 2013 en Maart 2015 was hy die uitvoerende hoof van die staatsinligtingstegnologie-agentskap. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie