DTA frons oor mariene mynbou
Die amptelike opposisieparty sê daar is te veel onbekende en ontoerekenbare faktore rakende die beplande ontginning van mariene fosfaat.
Catherine Sasman
Die amptelike opposisieparty, die DTA van Namibië, sê die beplande mariene fosfaat-ontginning moet eerder nie toegelaat moet word nie, weens gevreesde omgewingsrisiko''s asook gepaardgaande “blatante gebrek aan koördinasie en wanbestuur” in die Namibiese regering.
“''n Mens sou huiwer om aan die toekoms te dink waar marine fosfaat-ontginning toegelaat word en dieselfde wanfunksionele entiteite is veronderstel om as reguleerders op te tree wat moet verseker maatskappye rig nie onnodige skade aan ons seelewe aan nie,” het die DTA se nasionale voorsitter en hoofsweep, me. Jennifer van den Heever, gesê.
Sy sê sy het die afgelope maande voortdurend die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, asook die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, gevra oor die status van mariene fosfaat-mynbou in die land.
Van den Heever sê sy is van bakboord na stuurboord gestuur en is gesê haar vrae is “misplaas”.
Sy sê sy is toe vertel dat mariene fosfaat-ontginning slegs toegelaat sou word afhangende van bevindinge en aanbevelinge van ''n kabinetskomitee wat navorsing in die volhoubaarheid daarvan moes doen.
Van den Heever sê dit is daarom “uiters verbasend” dat die ministerie van die omgewing en toerisme voortgegaan het om ''n klaringsertifikaat aan Namibia Marine Phosphate (NMP) uit te reik terwyl die kabinet se navorsing nog nie afgehandel is nie.
Dít en die feit dat die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, nie bewus was van die uitreiking van die klaringsertifikaat nie, is ''n bewys van die regering se wanbestuur,” het Van den Heever gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie