DTA neem die voortou
Die DTA was gister die eerste politieke party om sy geouditeerde finansiële verslae by die Nasionale Vergadering in te dien.
Estelle de Bruyn
Volgens die nuwe kieswet wat in 2014 van krag geword het, moet alle politieke partye wat geld van die regering ontvang, jaarliks geouditeerde finansiële verslae by die Nasionale Vergadering (NV) indien om sodoende rekenskap van die besteding van belastingbetalers se geld te gee.
Die DTA se tesourier, mnr. Nico Smit, vergesel van sommige van sy partylede, het gister in die Grondwetkamer by die NV die party se geouditeerde finansiële verslae aan die sekretaris van die NV, me. Lydia Kandetu, oorhandig.
Smit het daarop gewys die kieswet bepaal dat die verslae drie maande na die einde die boekjaar ingedien moet word, maar dit nie moontlik was om dit vroeër af te handel nie weens die druk wat ouditeurs dié tyd van die jaar ondervind.
Met die oorhandiging van die verslae het die DTA die eerste en enigste party geword om aan die wet gehoor te gee.
Die DTA het die geouditeerde verslae drie weke gelede ontvang, dit twee weke terug tydens ''n vergadering van die party se sentrale komitee aanvaar en gister aan Kandetu oorhandig.
“Ons stel hierdeur ''n voorbeeld aan ander politieke partye, want almal wat geld van die regering ontvang, moet dit doen.
“Dit is ook belangrik omdat kiesers moet weet vir watter doel die belastingbetalers se geld aangewend word. Die geld kan byvoorbeeld nie gebruik word om wins mee te maak nie en kan uitsluitlik vir politieke doeleindes aangewend word.
“Ons is baie trots om te kan sê die DTA het ''n ongekwalifiseerde ouditverslag gekry en die ouditeurs geen fout kon vind nie. Ons was in staat om met behulp van kwitansies bewys te lewer van elke sent wat ons ontvang en bestee het,” het Smit gesê.
Kandetu sê dankie
Kandetu het op haar beurt die DTA bedank vir die verslae en gesê sy sal dit aan die speaker oorhandig, wat dit op sy beurt in die NV ter tafel sal lê, soos die geval is met enige ander geouditeerde verslag waarin rekenskap van staatsbesteding gegee word.
Sy het beaam die DTA is inderdaad die eerste party om sy finansiële verslae in te dien.
Die DTA se president, mnr. McHenry Venaani, wat ook die geleentheid bygewoon het, het gesê hy het ''n brief aan die kantoor van die ombudsman geskryf waarin hy vra dat die ombudsman die staatsonderneming August 26 voor die hof moet daag omdat die maatskappy weier om sy boeke vir die NV oop te stel .
Venaani het vroeër vanjaar in die NV ''n vraag aan die minister van verdediging gestel oor die feit dat die geouditeerde finansiële verslae van die onderneming nog nooit vir die oë van NV-lede beskore was nie. Die antwoord wat hy gekry het, was dat die onderneming vanweë die sensitiewe aard van sy werk nie aan dieselfde reëls onderwerp is nie en gevolglik nie aan die NV verantwoording hoef te doen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie