DTA: Tik op die vingers nie genoeg
DTA: Tik op die vingers nie genoeg

DTA: Tik op die vingers nie genoeg

Estelle de Bruyn
Mnr. Nico Smit, DTA-parlementslid, is nie tevrede met die finale skriftelike waarskuwing wat aan die permanente sekretaris van finansies, me. Erica Shafuda, uitgereik is vir oorbesteding by die nasionale brandstofstooraanleg op Walvisbaai nie.

Smit sê nalatigheid het meegebring dat die koste van die konstruksie van die aanleg van N$3,8 miljard in 2014 tot N$5,5 miljard in 2016 gestyg het.

“Dit is interessant dat ondanks die woord 'finale' hierdie waarskuwings ná 12 maande verval.

Indien nalatigheid en onverskilligheid in die uitvoering van pligte daartoe lei dat die regering N$1,7 miljard verloor en dit slegs tot 'n tydelike 12 maande lange 'finale' waar­skuwing lei, ontstaan die vraag watter vlak van nalatigheid dan nodig is vir iemand om uit sy posisie verwyder te word?

“Permanente sekretarisse in ander ministeries weet nou dat hulle deur nalatigheid en korrupsie meer as 'n miljard dollar van belastingbetalers se geld kan verloor, en kan verwag om slegs op die vingers getik te word. Dit is die presedent wat nou geskep is,” sê Smit.

In 'n era waar die regerende administrasie 'n groot voorstander van aanspreeklikheid, deursigtigheid en goeie staatsbestuur is, is dit verstommend en onaanvaarbaar dat, selfs wanneer daar blatante bewyse van swak staatsbestuur, nalatigheid en selfs bedrog is, dieselfde administrasie dit goed vind om mense slegs oor die vingers te tik, sê Smit.

“Wat belastingbetalers moet vra, is: Hoeveel is genoeg? Regverdig die verlies van miljarde bloot 'n tik op die vingers?” sê Smit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!