Du Plooy en Miller lus vir padresies

Jeugspele
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die 17-jarige Charl du Plooy en Alex Miller (16) het Woensdag die 18de en 20ste vinnigste tyd met die individuele tydtoets by die Statebond Jeugspele in die Bahamas behaal.

Du Plooy van WHS het binne 12 minute 52 sekondes die 9.5 kilometer voltooi, terwyl Miller 13 minute 06 s nodig gehad het.

Matthew David Oliveira van Bermuda se wentyd vir die goue medalje was 12 minute 06.

Hans du Toit, wat die fietsryers se afrigter is, sê Namibië kon beter gevaar het, maar sekere reëls het die ryers gepootjie.

“Ek is ingenome met ons vertoning. Die baan van 9.5 kilometer speel so reg in die kraal van groter ryers. Normaalweg is 'n tydtoets 30 km lank waar die ryers baie meer beproef word.

“In die geval van 'n kort baan soos die sal die groot en sterk ouens oorheers. Die oppervlak was baie gelyk en ongekompliseerd en daar was net een 90 grade draai,” het Du Toit gesê.

“Die tye wat behaal was, is baie naby aanmekaar. Du Plooy is ons nasionale kampioen en het hom tussen die bestes in die wêreld bevind waar hy die pap dik aangemaak het.

“Ons het Miller eers twee dae voor die tyd vir die tydtoets ingeskryf.

“As hy toegelaat was om 'n tydtoetsfiets te gebruik, sou hy baie beter gevaar het.

“Ons sien uit na Sondag se padresies oor 65 km. Dit gaan 'n vinnige, taktiese en harde resies op die plat roete wees,” het Du Toit voorspel.

• Op die tennisbaan het Namibië se Gina Moolman en Cody van Schalkwyk beide hul kragmetings in die eerste ronde gewen, voordat reën met gister se program begin inmeng het.

Die bokser Tryagain Ndevelo het sy openingsgeveg in die 60 kg gewigsklas beklink, maar sy spanmaat Tangeni Nampadhi het verloor toe die tellinghouers met twee teen een in sy opponent se guns beslis het..

Natalie Louw en Ivan Danny Geldenhuys sou laat gisteraand onder­skeidelik aan die verspring en 400 m deelneem, maar hul uitslae was teen druktyd nie beskikbaar nie. Die finaal van beide items word vandag beslis.

Sondagaand is dit tyd vir Natalie Louw om haar ding in die hoogspring te doen en Johannes (Pikkie) Smith sal met die spies aantree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!