Du Pont nie Kersfees agter tralies

Volgens 'n landdros is daar nie voldoende bewyse teen 'n beskuldigde in 'n verkragtingsaak nie en hy sal nie met ander getuies inmeng nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Trane van blydskap het Vrydagoggend in die Windhoekse landdroshof gevloei toe mnr. Warren du Pont op borgtog van N$10 000 vrygelaat is.

“Ek is die afgelope tyd as ‘n onskuldige man in die tronk aangehou.”

So sê ‘n inwoner van Windhoek, mnr. Warren du Pont (45), wat op 2 Desember in hegtenis geneem en van die verkragting van ’n driejarige meisie aangekla is.

Du Pont het deurentyd volgehou hy is onskuldig: “Ek is van ‘n veragtelike misdaad aangekla sonder dat ‘n deeglike ondersoek gedoen is."

Die slagoffer is die dogtertjie van Du Pont se vriendin wat ook sy haarkapper is.

Sy borgtogverhoor het vanaf 12 tot 16 Desember voor landdros Ivan Gawanab gedien.

Die landdros het gesê daar is nie voldoende bewyse teen Du Pont, die getroude pa van twee dogters, nie en hy sal nie met die ondersoek of getuies inmeng nie.

"Die enigste getuie - die ondersoekbeampte - weet nie eens waar die kind is en het ná twee weke geen verklarings van die ma of kind afgeneem nie," het die landdros gesê.

Volgens die ondersoekbeampte, sers. Rosalia Haindongo (32) van die Namibiese polisie se geslagsgeweld-beskermingseenheid, was die die ma en kind nog te getraumatiseer om verklarings af te lê en albei moet nog vir berading gaan.

"Daar is geen bewyse dat die beskuldigde 'n bedreiging vir die gemeenskap is of 'n gevaar vir die samelewing inhou nie. Die ondersoekbeampte het tydens kruisondervraging met haar antwoorde en opinies 'n houding aangeneem wat oneerlik is.

"Die staat het slegs bewyse op grond van hoorsê gelewer en geen ander getuies soos die ouma geroep nie," het die landdros gesê.

Die staatsaanklaer, me. Sylvia Kauluma, het Du Pont se borgtog teengestaan op grond van die erns van die misdaad, asook die vrees dat die beskuldigde met die ondersoek of getuies kan inmeng. Sy meen die ondersoek is nog in ‘n vroeë stadium en dit sal nie in openbare belang wees as hy op borgtog vrygelaat word nie.

Volgens die ondersoekbeampte is die meisietjie op 14 November deur haar onderwyseres na die Katutura-staatshospitaal gebring.

"Die meisie het glo met haar en ander kinders se geslagsdele gevroetel en op 10 November vir 'n ouer by haar skool en op 12 November vir haar ouma vertel haar geslagsdele is seer. Die kind het gesê haar ma weet van die verkragting, maar het sy niks daaraan gedoen nie,” het die ondersoekbeampte getuig.

Volgens die ondersoekbeampte het die kind Du Pont as haar verkragter aan drie getuies uitgewys – 'n onderwyseres en ouer by haar skool, asook haar ouma.

"Waarom sou sy vir drie mense jok? Die mediese verslag bewys ook die kind se maagdevlies is geskeur. Volgens die dokter wat haar ondersoek het en sal getuig, is sy verskeie kere verkrag,” het die ondersoekbeampte gesê.

"Niemand ontken dat die kind verkrag is nie, maar dit was nie ek nie. Ek het nooit in my lewe hierdie kind verkrag nie,” het du Pont volgehou.

Een van sy regsverteenwoordigers, adv. Louis Botes, het gesê die bewyse teen sy kliënt is alles hoorsê en die kind is deur haar ouma gebreinspoel om sy naam te noem.

Die saak is tot 24 Februarie uitgestel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!