Du Preez Wild hou 16de wildsveiling by Outjo Wildsfees
Du Preez Wild hou 16de wildsveiling by Outjo Wildsfees

Du Preez Wild hou 16de wildsveiling by Outjo Wildsfees

Francoise Steynberg
Du Preez Wild bied vir die 16de keer die Outjo Wildfees se gesogte wildveiling aan wat op Saterdag 4 Mei by Sophienhof Lodge gaan plaasvind.

“Ten spyte van die droogte hou die wildboere moed. Du Preez Wild is verbaas oor die goeie navraag na wild vanjaar en ons is druk besig om diere oraloor in die land af te lewer,” sê die Du Preez Wildspan van Otjiwarongo.

“Ons nooi almal hartlik uit om hierdie spogveiling saam met ons te geniet en sommer net lekker saam met ons te kuier.”

Du Preez Wild meen die Outjo Wildsfees en die beleef van so ‘n grootwildveiling kan ‘n opwindende daguitstappie vir die hele gesin wees.

Daar sal meer as 200 diere van 20 spesies vanuit Nambië op die wildveiling van die hand gesit word. Die volgende diere sal op 4 Mei om 12:00 by die Outjo Wildfees onder die hamer kom:

· 2 witrenosters;

· Van die beste Bastergemsbok-genetika sal weer aangebied word;

· Swartwitpense;

· 15 njalas;

· 15 lechwes;

· 20 Waterberg-elande;

· Alle ander vlaktewild.

“Jagbulle sal ons topverkopers op die veiling wees,” meen Du Preez Wild.

Wildsvangspesialis H. Du Preez Wild is die afgelope 36 jaar die leier in die wildbedryf. Die legende Hanie du Preez het die besigheid H. Du Preez Wild in 1983 met twee vragmotors en een helikopter op die been gebring. “Sy was ‘n ystervrou met ‘n kop vir goeie besigheid.”

Haar seun, die bekende vlieënier Jan du Preez, het in 1989 die besigheid oorgeneem en dit uitgebrei tot waar dit tans as ‘n vlagskipwildhandelaar oraloor Afrika bekend staan.

“Jan se seuns stel baie belang in die besigheid en sal die derde generasie wees wat die bedryf tot nog hoër vlakke wil neem.”

Du Preez Wild sê hulle lewer graag die beste moontlike wild aan hul gewaardeerde kliënte.

“Uitstekende kliëntediens en ons onberispelike besigheidsnaam lê ons baie na aan die hart.”

Du Preez Wild se grondspan, vyf vragmotors en vier helikopters in hul vloot staan altyd gereed om alle boere wat belang stel om topgehaltediere te bekom, met oorgawe te dien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!