Dubbeldoor-naweek van Miller-seges

Die jeugdige Alex Miller het sy krag en vernuf op beide die berg- en padfietsfiets uitgestal.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Windhoek Pedal Power-padfietsklub het Sondagoggend sy derde byeenkoms in die Nedbank-padreeks by Döbra noord van die hoofstad aangebied.

Alex Miller en Risa Dreyer het onderskeidelik die elite-afdelings vir mans en vroue tydens vuurwarm renne ingepalm.

Miller van die Mannie's Bike Mecca-span het die vorige dag by die Hollard Gravel & Dirt-bergfietsreeks se Okapuka-byeenkoms ook die agterwiel vir die res gewys toe hy dié resies teen sy jonger uitdagers Bergran Jensen (tweede) en Hugo Hahn (derde) ingepalm het.

By Döbra was Miller in 2 ure 18 minute 59 sekondes met drie sekondes vinniger as Ingram Cuff (Simonis Storm, 2:19:02) en Jean-Paul Burger (2:19:06) oor die eindstreep. Burger, tevore 'n driekampatleet van ­internasionale formaat, se verskyning in die kleure van Team Cathy gee dié span gewis 'n ekstra pyl in die koker.

Dreyer (2:00:19), wat nie noodwendig as 'n naelryer bekend is nie, klop haar spanmaat Courtney Liebenberg (2:00:20) en Anneke Steenkamp (2:00:22) om die eerste plek.

Liebenberg, op die terugkeerpad ná 'n besering, was wel Saterdag by Okapuka op haar bergfiets gemaklik in die eerste plek, gevolg deur Robyn-Lee Swartz en Carmen Johannes.



SPANREEKS

Die Cymot Racing manspan moes ná Sondag se resies sy eerste posisie op die puntelys van die Nedbank-reeks aan die span van Simonis Storm/Hollard afstaan, met Mannie's Bike Mecca (MBM) derde.

By die vroue bly die spanne se stand in die eerste drie plekke onveranderd. Die MBM Ladies-span kraai koning in die eerste plek gevolg deur Cycletec/Hollard met Cymot Racing derde.

Die stand van die topvyf spanne:

Mans: 1 Simonis Storm/Hollard (45 punte), 2 Cymot Racing (42), 3 MBM (40), 4 Cycletec/Hollard (38), 5 Team Cathy (35).

Vroue: 1 MBM Ladies (30), 2 Cycletec/Hollard (20), 3 Cymot Racing (18), 4 Food Lover's Market (16), 5 PSG (12).

Die naweek se voorste individuele uitslae:



PADFIETSRY BY DÖBRA

Elite mans: 1 Alex Miller, 2 Ingram Cuff, 3 Jean-Paul Burger, 4 André Vermeulen (2:19:13), 5 Jurgen Sander (2:19:21).

Elite vroue: 1 Risa Dreyer, 2 Courtney Liebenberg, 3 Anneke Steenkamp, 4 Zoe Mitchell (2:00:31), 5 Monique Du Plessis (2:00:31).

Ope mans (17 en ouer): 1 Jurgen van Wyk (1:45:45), 2 Wilbard Shoopala (1:45:47), 3 Allan Vivier (1:45:54), 4 Divan du Plooy (1:45:56), 5 Jaco Lamprecht (1:45:56).

Ope vroue: 1 Michaela Ham (2:02:23), 2 Olivia Shililifa (2:18:57), 3 Marsha Nel (2:19:07), 4 Ashanti Auchas (2:23:24), 5 Britta Zu Bentheim (2:34:33).

Meesters mans (59-59): 1 Greg Chase (1:51:31), 2 Nick du Plessis (1:52:18), 3 George Thiele (1:52:19), 4 Louis Peens (1:52:32), 5 Sarel Boshoff (1:52:36).

Meesters vroue: 1 Karin Brockmann (1:48:46), 2 Marion Himmel (1:56:36).

Grootmeestermans (60+): 1 Hartmut Ruppel (1:33:32), 2 Klaus Schade (1:48:31), 3 Hans-Peter Drobisch (1:48:45).

Sportafdeling (19+): 1 Marcel Suren (1:33:12), 2 Frank Klosta (1:33:17), 3 Ettiene Steenkamp (1:33:21).

Sportafdeling vroue: 1 Susan Pieters (1:38:19), 2 Handrie Gous (1:38:22), 3 Mimi Hough (1:41:28).

O.16-seuns: 1 Daniel Hahn (1:51:23), 2 Adrian Key (1:51:24), 3 Kevin Lowe (1:54:41).

O.16-meisies: 1 Ada Kahl (1:48:02), 2 Lotte Beulker (1:48:29), 3 Catherine Brandt (2:18:53).

O.14-seuns: 1 Roger Suren (1:33:11), 2 Marco Thiel (1:33:21), Nathan Chase (1:33:29).

O.14-meisies: 1 Delsia Janse van Vuuren (1:29:45), 2 Rosemarie Thiel (1:29:52).

O.12-seuns: 1 Janro Greeff (1:30:19), 2 Mike Baartman (1:30:20), 3 Theodor Janse van Vuuren (1:30:20).

O.12-meisies: 1 Anke Kahl (1:05:34), 2 Nicole Suren (1:20:07).

O.10-seuns: 1 Micah Chase (0:58:11), 2 Luke Coomer (0:58:21), 3 Calvin Nickel (1:06:29).



BERGFIETSRY BY OKAPUKA

Elite mans (60 km): 1 Alex Miller (2:10:57), 2 Bergran Jensen (2:12:05), 3 Hugo Hahn (2:12:53).

Elite vroue (60 km): 1 Courtney Liebenberg (2:38:07), 2 Nicola Fester (2:59:38), 3 Michelle Cronje (3:23:06).

Subveteraanmans: 1 Ingram Cuff (2:18:11), 2 Ananias Ananias (2:20:33), 3 Jurgen Sander (2:24:07).

Subveteraanvroue: 1 Robyn-Lee Swartz (2:51:24), 2 Carmen Johannes (2:51:33), 3 Michelle Doman (2:55:23).

Veteraanmans: 1 Hans du Toit (2:22:19), 2 Mannie Heymans (2:22:24), 3 Clinton Hilfiker (2:22:35).

Veteraanvroue: 1 Maike Bochert (2:56:43), 2 Marion Schonecke (3:04:31), 3 Samantha Geyser (3:11:35).

Meestersmans: 1 Nick du Plessis (2:35:08), 2 Stephan Bohlke (2:35:16), 3 Louis Peens (2:39:01).

Meestersvroue: 1 Wilmien Chamberlain (3:09:23), 2 Anri Parker (3:23:56), 3 Karin Brockmann (3:49:29).

Grootmeestersmans: 1 Peter Sander (3:09:25), 2 Roland Graf (3:10:56), 3 Jens Adam (3:16:04).

Grootmeestersvroue: 1 Berrit Graf (4:08:13).

Renosterafdeling mans (90+ kg): 1 Morne Honiball (2:42:50), 2 Heiko Reiff (2:51:55), 3 Tom Jackson-Read (3:05:47).

30 km, Junior mans: 1 Daniel Hahn (1:05:51), 2 Kevin Lowe (1:05:52), 3 Oskar Roeber (1:07:28).

30 km, Junior vroue: 1 Ada Kahl (1:16:40), 2 Lotte Beulker (1:17:00), 3 Delsia Janse van Vuuren (1:21:15).

30 km, Ope mans (17-39): 1 Anton Engling (1:07:28), 2 Ruhan Gous (1:08:39), 3 Jaco Snyman (1:12:09).

30 km, Ope vroue (17-39): 1 Monique du Plessis (1:14:11), 2 Lelani Swart (1:15:56), 3 Estelle Van Zyl (1:18:49).

30 km, Ope mans (40+): 1 Leander Borg (1:07:49), 2 Clauss Beukes (1:07:50), 3 Matt Husselmann (1:10:13).

30 km, Ope vroue (40+): 1 Christiane Beulker (1:18:46), 2 Jana von Backstrom (1:19:41), 3 Marlene Reichel (1:23:17).

Draf

Mans (20 km): 1 Thomas Miller (1:16:44), 2 Nelson Uushona (1:22:25), 3 Nesley Gaweseb (1:28:56).

Vroue (20 km): 1 Hilke Kruger (2:06:25), 2 Joey Sheehama (2:06:2), 3 Lydia Thiel (2:14:12).

Mans (10 km): 1 Konrad Marais (0:39:55), 2 Sem Shaanika (0:40:59), 3 Denilson Furtado (0:48:16).

Vroue (10 km): 1 Shelikita Ndaham­belela (0:44:18), 2 Shani Scholtz (0:51:02), 3 Desiree Erwig (0:51:40).



MARATHON-KAMPIOENSKAP

Die plaaslike langasems is reeds aan die voorberei op komende Saterdag­oggend se Nedbank nasionale marathon-bergfietskampioenskap.

Die IJG Trials-baan by Farm Windhoek is vir die gesogte nasionale byeenkoms voorberei.

Die afstand vir die hoofresiese vir elite mans en vroue is beide 61.4 kilometer, wat oor twee baanrondtes beslis word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

#N/A #REF! #N/A