Dubbeldosis
Die professionele fotograaf Lukas Amakali se uitstalling, Double Exposure, open Maandag by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Hierdie uitstalling is meer as net ‘n tentoonstelling van sy werk. Amakali gaan Maandag 4 September die gehoor meer oor die double exposure-tegniek leer en met hierdie fotografiese uitstalling en boekbekendstelling, debat oor fotografie as abstrakte kunsvorm stimuleer. Hierdie uitstalling sal die publiek ook meer leer oor analoë kameragebruik om twee foto’s in een beeld vas te vang. Hoewel ons in ’n digitale era leef en photoshop bestaan, wil Amakali nie die oorsprong van fotografie vergeet nie. Hy wil sy passie om film te red met die publiek deel. Toegang is gratis.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie