Dubbele goud vir Savannah
Vir 30 jong Namibiërs het die deure na groter roem op skrefies oopgegaan tydens die afgelope naweek se Namibiese kampioenskappe vir die uitvoerende kunste.
Saterdagaand was die naghemel vol blink sterre, maar die verskietende ster van die talentvolle Savannah Collins (25) het besonder helder geskyn toe sy die enigste musikant was wat met twee goue medaljes vir oorspronklike komposisies kon spog. Die twee nommers uit haar pen, “Be Free” en “My Mind”, het Suid-Afrikaanse beoordelaars regop laat sit in 'n atmosfeer wat herinner het aan tonele uit die gewilde The Voice-reeks in die buiteland.
Die 30 Namibiërs wat goud in die ses verskillende kategorieë verower het, het sowat 'n jaar om hul talent te slyp en geld vir deelname aan die Wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste in Julie 2020 in Los Angeles in die VSA in te samel.
Savannah, wat verlede jaar danksy die Gondwana Collection in die internasionale kollig beland het met haar eie komposisie en lied oor haar geboorteland, sê sy is trots op haar en haar landgenote se prestasies.
“Ek is deesdae 'n working girl en dis nogal moeilik om die regte hoeveelheid aandag aan my musiek en kuns te gee, maar my passie dra my, en musiek en kuns is 'n integrale deel van my lewe. Om as 'n lid van Team Namibia in Los Angeles te beland, sal die hoogtepunt van my loopbaan wees.”
Savannah het haarself op die ouderdom van 14 jaar leer kitaar speel en toe een oggend besluit sy kan ook sing. Ná skool het sy vir vier jaar musiek aan die College for the Performing Arts in Kaapstad studeer waar sy haar akoestiese en elektriese kitaar-vernuf opgeskerp en by van die grootste kunsfeeste opgetree het.
Sy is 'n groot voorstander van oorspronklike musiek en het al 12 nommers op haar debuutalbum in 2017 met die titel Be Free self geskryf.
Die titelliedjie en nog drie van haar eie komposisies het die afgelope twee jaar groot aandag op plaaslike radiostasies en in Kaapstad geniet.
Verlede jaar het haar “Namibia my Friend” golwe in die buiteland gemaak en is saam met 'n treffende video van haar en die wilde perde van die Namib wyd deur die Gondwana-groep versprei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie