Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur
Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

’n Regter het bevind Lukas Nikodemus het twee jong vroue in Januarie 2016 vermoor en hul liggame by ’n stortingsterrein wes van Windhoek verbrand.
Francoise Steynberg
font face="Verdana">

Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde regsverteenwoordiger gekry.

Hoërhofregter Christie Liebenberg het Lukas Nikodemus (49) skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade op mee. Johanie Naruses (29) en Clemensia de Wee (23).

Nikodemus is ook skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg toe hy die slagoffers se liggame by ’n stortingsterrein wes van die westelike verbypad tussen 6 en 7 Januarie 2016 verbrand het om die moorde te probeer verdoesel.

Die halfverbrande liggame is op 7 Januarie 2016 deur sekureitswagte ontdek.

Die moordenaar is onskuldig bevind op die klag dat hy nie sy vuurwapen in ’n kluis bewaar het nie.

Die regter het bevind die vuurwapen was steeds onder Nikodemus se direkte toesig onder sy matras in sy huis.

Enkele minute ná Nikodemus Dinsdag skuldig bevind is, het sy vierde regsverteenwoordiger, mnr. Vernon Lutibezi, hom aan die saak onttrek.

Dít glo omdat die twee nie kan ooreenkom op hoe die saak verder hanteer moet word nie.

Gister is Nikodemus se vyfde regsverteenwoordiger, mnr. Kalundu Kamwi, deur die ministerie van justisie se regshulpdirektoraat aangestel.

Die regter het gesê volgens bewyse wat die staat aan die hof voorgelê het, was Nikodemus se voertuig wel op die misdaadtoneel.

Skoenspore, sleepmerke en ’n simkaart het die skuldige op die moordtoneel geplaas.

BLOEDVLEKKE, KOEëLPUNT

Liebenberg het aangevoer DNS van die bloedvlekke wat in die voertuig gevind is, behoort aan die twee slagoffers.

Boonop word die koeëlpunt wat op die agtersitplek van Nikodemus se voertuig gevind is direk met sy pistool verbind, wat die polisie op 7 Januarie 2016 onder sy matras by sy huis in Katutura gevind het.

Die regter het bevind Nikodemus het albei vroue in sy voertuig in die bors geskiet.

Die hof het getuienis aanvaar dat Nikodemus op die aand van 6 Janaurie 2016 saam met die twee vroue by ’n kroeg gekuier het, dat ’n argument uitgebreek het en dat De Wee ’n bierbottel op die vloer stukkend gegooi het, waarná hulle die kroeg saam verlaat het.

Nikodemus was tydens die moorde in ’n verhouding met albei vroue, asook met ander vroue.

“Jaloesie het ’n rol in die liefdesdriehoek gespeel en kon die motief wees,” het Liebenberg gesê.

“Dit is geloofwaardige en betroubare bewyse wat aandui Nikodemus was inderdaad vir die twee vroue se dood verantwoordelik,” het die regter gesê.

Die hof het Nikodemus se weergawe as vals verwerp dat iemand anders (’n sekere “Bennie”) vir die twee vroue se dood verantwoordelik is.

“Daar is geen logiese verduideliking van die beskuldigde oor hoe dit moontlik is dat iemand anders die skote uit sy vuurwapen kon afvuur as dit te alle tye in sy besit was nie,” het die regter gesê.

Nikodemus het ontken hy het die dubbele moord gepleeg.

Hy is sedert sy inhegtenisneming in Januarie 2016 in die Windhoekse Sentrale Gevangenis in aanhouding.

Adv. Cliff Lutibezi verskyn vir die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A