Dubbele slag vir Boris oor Brexit
Die Britse laerhuis het Woensdagaand laat premier Boris Johnson se mosie om 'n algemene verkiesing uit te roep, verwerp.
Dit is 'n dubbele slag vir Johnson wat die verkiesing versoek het nadat LP's vroeër die aand ten gunste van 'n wetsontwerp gestem het wat Johnson keer om Brittanje uit die EU te vat sonder 'n ooreenkoms.
Parlementêre beheer is uit sy hande gevat skaars ses weke nadat hy premier geword het en LP’s het met 329 stemme teenoor 300 gestem ten gunste van ’n wetsontwerp wat die regering sal dwing om uitstel van drie maande van Brexit te vra eerder as om die EU sonder ’n ooreenkoms te verlaat.
Johnson sê die uitslag van die stemmery Woensdag is inderwaarheid dat die knie voor die EU gebuig is en hy het aangedring op ’n verkiesing op 15 Oktober – wat hom meer beweegruimte kan gee indien hy ’n meerderheid op hom kan verenig.
“Wat ons verenig, is die oortuiging dat daar geen mandaat is vir Brexit sonder ’n ooreenkoms nie en dat die gevolge daarvan vir ons ekonomie en ons land hoogs nadelig sal wees,” het Hilary Benn, ’n senior wetmaker wat die wetsontwerp voorgestel het, gesê.
Altesame 21 rebelle van Johnson se Konserwatiewe Party het vir Benn se wetsontwerp gestem.
John McDonnell van die Arbeidersparty het gesê die wetsontwerp moet bekragtig word voordat sy party sal instem tot ’n verkiesing. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie