Dubbele standaarde
Dubbele standaarde

Dubbele standaarde

Dani Booysen
Die stof het nog nie gaan lê oor beweerde leemtes in vaardighede van Namibiese mediese studente wat in die buiteland studeer het nie.

In die debat, soos baie ander, moet teen ongegronde vooroordeel en argaïese, geo-politieke sienings gewaak word.

In ‘n nuwe verwikkeling was drie deskundiges dit eens dat buitelandse studente minstens wat tyd betref in hul pre-internskaptoetse benadeel is. Die ondersoek slaan egter wyer – inhoudsgebreke is in die vraestelle geïdentifiseer, asook in die eksamen wat die Universiteit van Namibië (Unam) se studente aflê.

As basiese regverdigheid – ‘n grondwetlike waarborg – ontbreek het, het studente uit die buiteland beslis ‘n voet om op te staan in hul regsgeding. Hulle het meer as ‘n uur minder ontvang om die eksamen af te lê, sekere antwoorde was verkeerd in die memorandum en eksaminators en moderators se name is nie verstrek nie.

Evaluering, deur middel van teoretiese en praktiese eksamens, en die handhawing van standaarde is belangrik in alle professionele beroepe. Daar mag egter nie dubbele standaarde wees nie.

Twee van die drie dokters wat die vraestelle ontleed het, het bevind beide bevat (klaarblyk Amerikaans geïnspireerde) knip-en-plak vrae wat nie op studente se kennispeil en werklikhede in Namibië geskoei is nie. Sulke tekortkominge kan opsigself diskrimineer. Dit kan die uitslag akademies eerder as prakties maak.

Hierdie soort eksamens moet beroepslui beslis streng toets, maar hulle ook vir internskappe bemagtig en voorberei – met gelyke maatstawwe vir almal.

So sê ander

3 Julie 2019

Hierdie geldplan vir munisipaliteite laat sirenes loei

Die idee van die finansiële en fiskale komitee (FFK) dat veral landelike munisipaliteite ’n groter deel van die belastingkoek moet kry, laat gevaarsirenes loei.

’n Siniese beskouing is dat munisipaliteite klaaglik misluk en daarom nou meer geld moet kry – gekoppel met ’n nare visioen van ’n geldstroom wat in ’n bodemlose put gepomp word sonder om opbrengste te lewer.

Geen owerheid sal ooit genoeg geld na sy sin kry om sy werk te verrig nie. Ás hy dit verrig.

Die vermoë en ingesteldheid om geld oordeelkundig, doeltreffend en verantwoordbaar te bestee behoort as ’n maatstaf te geld. By mislukte munisipaliteite is bankrotskap, gekwalifiseerde ouditverslae, onreëlmatige uitgawes en vrae oor tenders en kontrakte die reël en nie die uitsondering nie.

Volgens die ouditeur-generaal het net 18 (oftewel 8%) van die land se 257 munisipaliteite skoon oudits gekry. ’n Ingrypingsplan om ’n algehele ineenstorting van munisipale dienste te voorkom, is dus dringend nodig. Maar meer geld gaan nie die beroerde stand van sake verbeter nie.

’n Munisipale oplossing verg die bemoeienis van die ganse staatsketting.

Ook moet pres. Cyril Ramaphosa sy ANC-kamerade ondubbelsinnig opdrag gee om nie politieke aanstellings te maak in poste waar jy tegnokrate nodig het om die werk gedoen te kry nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!