Dubbele standaarde
Dubbele standaarde

Dubbele standaarde

Ronelle Rademeyer
Dit wil voorkom asof die land se leiers onder aanvoering van pres. Hage Geingob op 'n ander planeet leef as die een waar die mensdom tans deur middel van streng inperkings teen die grootste gesondheidsuitdaging in meer as 'n eeu veg.

Op planeet Swapo met Staatshuis as hoofkwartier geld ander reëls oënskynlik as dié waaraan die noodtoestand en daaropvolgende staat van inperking Namibiërs onderwerp.

Sowat 'n maand nadat Geingob ten aanskoue van nagenoeg 400 gaste vir 'n tweede termyn as president by Staatshuis ingehuldig is, het hy Sondag as president van Swapo die viering van die party se 60ste bestaansjaar gelei.

In 'n tyd waarin die ekonomie soos die Bybelse hert in dorre streke na uitkoms smag, Namibiërs vir huispartyjies vervolg word en daagliks die teistering en soms selfs brutaliteit van die sekuriteitsmagte moet verduur, is hierdie dubbele standaarde 'n klap in die gesig.

Hoe kan van Namibiërs verwag word om uitvoering aan die inperkingsregulasies te gee as die president, wat verskeie pleidooie gerig het vir die gehoorsaming hiervan nie sélf daaraan gehoor gee nie. Trouens, as leier behoort hy juis 'n voorbeeld te stel.

Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, se verweer dat net tien party-hoës die partytjie bygewoon nie, hou nie water nie. Die lyfwagte en joernaliste teenwoordig is nie in berekening gebring nie.

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het die minister van kommunikasie, me. Stella-Ndabeni-Abrahams, vir twee maande op spesiale verlof geplaas nadat sy regulasies verbreek het. Sy het hom, en die res van Suid-Afrika, daarná om verskoning gevra.

Namibiërs verdien ook 'n ver­skoning.



SO SÊ ANDER

Netwerk24, 21 April 2020

Cyril se 'afgryse' oor kosdiewe al lankal nodig

Pres. Cyril Ramaphosa spreek in sy weeklikse nuusbrief sy “afgryse” uit omdat daar klaarblyklik “amptenare” is wat kospakkies – vir verligting aan armes ten tyde van die staat van inperking – probeer verkoop of aan hul familie en vriende uitdeel. Dit sluit aan by berigte dat ANC-stadsraadslede ook by die praktyk betrokke is.

Ramaphosa se afgryse is geregverdig, maar dié stand van sake is niks nuuts of unieks aan die huidige situasie nie. Hy lei 'n party waar dié soort korrupsie en uitbuiting van selfs armes ter selfverryking algemene praktyk op alle regeringsvlakke is – hetsy met die toekenning van maatskaplike hulp, dienslewering of tenders.

Hy waarsku tereg dat skuldiges vervolg sal word, sou hulle betrap word – nog 'n voorbeeld van waar hy as staatshoof die staatsapparatuur sal moet inspan om sy eie party-ampsdraers voor stok te kry.

Hy spreek hom voorts uit oor die groot ongelykhede wat deur die pandemie blootgelê word, wat honger kinders insluit. Juis daarom behoort dit 'n gulde geleentheid vir die ANC en staatsdepartemente te wees om te wys hulle streef “ 'n beter lewe­ vir almal” na.

Dit is eerder die terminale moraliteit van die ANC wat blootgelê word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!