Dubbele sukses vir WHS in Kaapstad
Dakota Hansen en Carien van Rooyen het nie net as kapteins hul spanne na die goue medalje gelei nie, maar is ook beide as speler van die toernooi bekroon.
Andrew Poolman - Die hokkietoer van Windhoek Hoërskool na die gesogte internasionale onder 18 Brothers-toernooi in Kaapstad kon beswaarlik beter afgeloop het.
WHS se eerste seunspan en eerste meisiespan het beide in hul vooraf verklaarde doelwit geslaag om die goue afdeling te wen en sodoende bevordering na die groen afdeling in 2020 te verwerf.
Die seunspan, geborg deur Coastal Hire, het opnuut die meeste aandag getrek met hul rits skouspelagtige vertonings, waarin hulle 35 doele teen vier in hul sewe oorwinnings opgestapel het. Dié doelverskil was die grootste van enige span in die groen óf goue afdelings.
Hul afrigter, mnr. Johann Weyhe, sê toeskouers en afrigters was vol komplimente en het dikwels gesê hulle kan nie glo dat Namibiese skole sulke hokkie kan opdis nie. “Selfs 'n skeidsregter het ná 'n wedstryd kom verskoning vra dat hy met tye vergeet het om die fluitjie te blaas omdat hy so lekker hokkie gekyk het.”
Kaptein Dakota Hansen en sy span het in altesame vier van hul sewe wedstryde dit reggekry om binne twee minute ná die afslaanfluitjie hul eerste doel te behaal en beheer oor die wedstryd te verkry.
Hansen is as topspeler van die seunstoernooi se groen afdeling vereer, net soos WHS se Carien van Rooyen aan die meisieskant.
Volgens Weyhe was die seunsfinaal teen die Kaapse hoërskool Pinelands hul moeilikste kragmeting.
“Die senuweeagtigheid wat met 'n finaal gepaard gaan, maak dit eenvoudig anders as enige gewone groepwedstryd. Ons het baie aangeval voordat ons doel deur Nico Neethling gekom het. Daarna moes ons verdedig met alles wat ons het en selfs ons voorspelers moes terugval om seker te maak ons beskerm ons voorsprong.”
Weyhe sê organiseerders van die toernooi, asook ander afrigters, het gesê hulle sou graag die WHS-seuns in die topafdeling se finaal teen Paul Roos Gimnasium wou sien speel.
Die PSG WHS meisiespan, wat twintig doele teen twee behaal het, het volgens Weyhe ewe briljant presteer om die goue medalje in te palm. Hy is vol lof vir sy eweknie Randy Slabbert wat dié deurbraak vermag het sonder vier gereelde eerstespanspelers wat nie die toer kon meemaak nie.
WHS keer dus volgende jaar terug na die topafdeling teen die hoogste gerekende hokkieskole in Suid-Afrika. Vanjaar moes WHS afskuif omdat hulle in 2018 afwesig was vanweë hul voorste spelers se insluiting in 'n Namibiese toerspan.
DIE WHS-MEISIES SE UITSLAE
1 Speel teen Hoërskool Pinelands (Kaapstad) gelykop met 1-1. Doel deur Mia Burger.
2 Klop Westelike Provinsie uitnodigingspan 6-0. Doele deur Catlyn Leff, Mia Burger, Danelle Steenkamp, Vanessa Schoeman en Rachel Finch (2).
3 Klop Hoërskool Uplands (Witrivier, Mpumalanga) met 6-0. Doele deur Mia Burger, Joané Kruger (2), Tisha Semedo, Rachel Finch en Danelle Steenkamp.
4 Klop King's Bruton (Engeland) met 2-0. Doele deur Danelle Steenkamp en Joané Kruger.
5 Klop Framesby (Port Elizabeth) met 3-0. Doele deur Rachel Finch (2) en Danelle Steenkamp.
6 Semifinaal teen Somerset College (Somerset-Wes), wen met 1-0. Doel deur Tisha Semedo.
7 Finaal teen Oakhill eindig op 1-1 (doel deur Mia Burger), wen met strafhoue 4-2.
DIE WHS-SEUNS SE UITSLAE
1 Klop DF Malan (Kaapstad) met 6-0. Doele deur Nico Neethling (2), Owen Hatton, Dylan Barnard en Cody van der Merwe (2).
2 Klop Worcester Gimnasium met 5-0. Doele deur Matuu Kavikairiua, Dylan Barnard, Fagan Hansen, JP Britz en Owen Hatton.
3 Klop Hoërskool Outeniqua (George) met 4-2. Doele deur Nico Neethling, Fagan Hansen (2) en Cody van der Merwe.
4 Klop Curro Durbanville met 6-1. Doele deur Fagan Hansen (3), Nico Neethling en JP Britz (2).
5 Klop King's Bruton (Engeland) met 5-0. Doele deur JP Britz, David Britz, Owen Hatton en Nico Neethling (2).
6 Semifinaal, klop Stellenberg met 8-1. Doele deur Fagan Hansen (4), Matuu Kavikairiua, Dylan Barnard, Matthew Mouton en Nico Neethling.
7 Finaal, klop Pinelands (Kaapstad) met 1-0. Nico Neethling teken die wendoel aan.
• Windhoek Gimnasium het ook in die Brothers-toernooi se groen afdeling meegeding, maar was nie saam met WHS gegroepeer nie. Gimnasium se meisiespan het in 'n goeie vyfde posisie klaargemaak nadat hulle vier gewen, een verloor en drie gelykop gespeel het. Die Gimnasium-seuns het tiende uit twaalf spanne geëindig.
Weyhe sê: “Afrigters soos Ronel Snyman en Bianca Rehder by Gimnasium se meisiespan is 'n groot bate vir hokkie in die land en hul ondervinding en lys van vorige prestasies word nie maklik vervang nie.
“Gimnasium se seunsafrigter Siyabonga Martins was afwesig omdat hy as skeidsregter by die Asiatiese Bekertoernooi in Maleisië optree. In sy plek het DJ Strauss en Gys Cilliers hulle baie goed van hul taak gekwyt.”
KHOMAS-LIGA
In 'n spannende hoogtepunt is die Khomasstreek se eerste meisiesliga se finale stand Vrydagaand bepaal toe die beslissende laaste wedstryd afgehandel is.
Die jong span van St. Paul's-kollege het 'n kans gehad om die voorloper WHS verby te steek en die liga te wen.
In sy laaste botsing teen Windhoek Affies by die Affiespark astro-baan het die tuisspan egter vroeg 'n doel behaal en het dié voorsprong tot in die laaste minute verdedig. Eers toe het St. Paul's 'n gelykmaker behaal om die eindfluitjie op 1-1 te laat blaas.
Die stand van die Khomas meisiesliga eindig dus só: 1 WHS (12), 2 St. Paul's (10), 3 Windhoek Gimnasium (10), 4 Windhoek Affies (4).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie