Duet (vir twee klaviere)
jy’s toe weg
ek onthou kwalik jou naam
want jy’s toe weg
tervergeefse soektogte na jou naam
ek sou jou kon liefhê
deur vioolnagte en beleë kelke rooiwyn
in die vaal winterlug
ek sou jou kon lief hê
soos branders teen ’n rots en met die
helder oop lag van ’n kind
in dofbruin verskrompelde blare
ek sou jou kon liefhê met die eerlike eenvoud van ’n
claerhout skildery, ongemerk en met oorgawe
jy’s toe weg
en vir jou sou ek nog steeds net ’n bloekom in
’n skadulaning wees, plotselinge stukkies, sonder skrynige son
my hart deurweek my bors
stroom met trane
breek my skuilte af
ek wat met sterre in my drome met jou dans
sou dit ooit vir jou genoeg wees
om met jou saam te dra indien ek jou sou vra?
jy
is toe weg
’n Uittreksel uit Rapsodie in jou: skakering verse in blou waarvoor die skrywer ’n Pluimpie by die 2014 ATKV-toekennings ontvang het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie