Duinerit tap elke greintjie energie
Talle Namibiese ruiters het goed presteer by die Afrika-kampioenskap.
Ruiters van Europa en selfs Namibië was eenstemmig dat laas Saterdag se FEI twee-ster (122 km) en een-ster (90 km) internasionale uithourit in die omgewing van Walvisbaai die moeilikste van hul ganse loopbaan was. Die geleentheid staan ook as die Afrika-kampioenskap bekend.
Altesame 115 uit die 164 inskrywings (70.12%) het hul onderskeie afstande suksesvol voltooi. Daar was ook sewe onttrekkings voor die wegspring, twee diskwalifikasies, 28 wat deur veeartsinspeksies uitgeskakel is en twaalf wat voor die bestemde einde moes tou opgooi.
Wisseling in die weerstoestande was deel van die uitdaging, met 'n koue oggend wat in 'n warm dag met 'n ligte bries ontwikkel het, voordat dit teen laatnamiddag weer koud begin raak het.
Die resies het uit vier skofte van onderskeidelik 40 km, 32 km, 32 km en 16 km bestaan.
Die lang eerste skof van 40 km word as die moeilikste in die geskiedenis van hierdie internasionale byeenkoms bestempel – veral deur die dik duinesand. Sewe ruiters het nie die eerste skof oorleef nie, terwyl die derde skof oor die beroemde Duin 7 op die warmste deel van die dag afgespeel het en vir die meeste van die ander onttrekkings verantwoordelik was.
Op die laaste skof van 16 km het vele ruiters langs hul perde gestap en elke truuk gebruik om hul perde positief en aan die beweeg te hou oor die sowat twaalf kleinerige duine.
Uiteindelik was dit 'n baie suksesvolle, gedenkwaardige uithourit.
Een van die mees ervare groepe veeartse was deurentyd teenwoordig onder leiding van dr. Marc Walton, president van die Suid-Afrikaanse Veeartskommissie, asook dr. Hamid Ghalamsia van Iran. Nog twaalf veeartse is bygestaan deur studente in veeartseny aan die Universiteit van Namibië.
In die internasionale kompetisie tussen Namibië en Suid-Afrika het die besoekers in drie kategorieë gewen (junior, liggewig en swaargewig), hoewel Namibië se span onder die leiding van spanbestuurder George Wessels die knoop in die kompeterende standaardgewigklas met 'n verskil van 'n volle een uur 47 minute deurgehaak het.
Ondanks Suid-Afrika se sukses in drie uit die vier spankompetisies, het die individuele Namibiese ruiters beter as dié van die buurland gevaar.
Die volgende vyf toekennings vir die bes gekondisioneerde perd is in die onderskeie klasse toegeken:
Beste van die beste: Reni van der Merwe (NAM) op Gulilah Naghgaliet.
120 km liggewig: Shannon Parker (RSA) – algehele vinnigste tyd van die dag (6:28:17) op Llamrai Asara, 'n Namibiese perd met komplimente van Bart en Marna Steyl.
120 km swaargewig: Hendri van Wyk (RSA) op Shadow .
120 km junior: Lara van Niekerk (RSA) op Hurst Ronaldo.
120 km standaardgewig: Reni van der Merwe (NAM) op Gulilah Naghgaliet.
120 km kinderruiters: Carmen Derks (NAM) op Kalharabi CD El-Arab.
Die uitslae van die individuele klasse:
120 km swaargewig: 1 Hendri van Wyk (RSA) op Shadow (bes gekondisioneerde perd); 2 Samual van Zyl (RSA) op Lormar Rambo; 3 Kevin Price-Moor (RSA) op 5 Waterlea Wolverin.
120 km geengewig / liggewig: 1 Shannon Parker (RSA) op Llamrai Asara (bes gekondisioneerde perd); 2 Jessica Mostert (RSA) op Rakib Amira2; 3 Charlene Grunow (RSA) op Waterlea Skye.
120 km jong ruiter: 1 Lara van Niekerk (RSA) op Hurst Ronaldo (bes gekondisioneerde perd); 2 Bianca Jacobs (NAM) op Amaal; 3 Lucia Supekova Junior (Slowakye) op Hurst Ziyadan.
120 km senior ruiter: 1 Suné Wessels (NAM) op Edl Agbahr Domino; 2 Reni van der Merwe (NAM) op Guililah Naghgaliet; 3 Dawid Losper (NAM) op Quepasa Monassab.
120 km kinderruiters: 1 Carmen Derks (NAM) op Kalharabi CD El Arab; 2 Gian Steyl (RSA) op Steyl Tennesee; 3 Caila Potgieter (NAM) op Hurst Saigon.
90 km geengewig / liggewig: 1 Julie van Breda (RSA) op Que Pasa Laredo; 2 Hans Hoka (NAM) op Namarab Kalinka; 3 Johannes van Wyk (NAM) op Olaf.
90 km jong ruiters: 1 Michael Robberts (NAM) op Johaco Halsdon.
90 km senior ruiters: 1 Lisari Viljoen (RSA) op Tehillah Gaza; 2 Stuart Jacobs (NAM) op Hurst Oman; 3 Gerhard Gwanangombe (NAM) op Moniqi Sendai.
90 km kinderruiters: 1 Jack du Toit (NAM) op Delmanga Sitarra; 2 Corelie Coetzee (NAM) op El Shakir Halim.
Die Namibiese Uithouritvereniging (NERA) spreek sy dank uit teenoor elke borg wat tot die sukses van die 2018 Afrika-kampioenskap bygedra het en wat elke jaar hul steun van die sport voortsit.
Sonder sulke borge sou die byeenkoms gewis nie dieselfde hoogtes bereik het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie