Duisende baat by uitreikingsprogram
Duisende baat by uitreikingsprogram

Duisende baat by uitreikingsprogram

Henriette Lamprecht
Meer as ’n duisend Namibiërs word vanjaar gratis danksy die Kankervereniging van Namibië (CAN) se uitreikingsprogram vir die siekte getoets. Bykomend tot die bevestigde 1 027 Namibiërs wat gratis gehelp kan word, sal van die geld wat met verlede jaar se Bank Windhoek Kankerappelprojek ingesamel is, ook gebruik word om ’n verdere 2 000 Namibiërs vanjaar vir kanker te toets. Die Nasionale Kankeruitreikingsprogram wat in Augustus 2018 van stapel gestuur is en CAN se mediese sentrums in Windhoek, Swakopmund en Rehoboth het sedert Januarie 2016 sowat 45 000 Namibiërs getoets. Vanjaar se uitreikingsprogram het amptelik in die Hardapstreek afgeskop en die volgende uitreik word vir Februarie vir die Zambezi- en Kavangostreke beplan.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer