Duisende betoog ná chaos op lughawens
Die verbod op immigrasie uit sewe hoofsaaklik Moslemlande na Amerika, het tot ernstige veroordeling en betogings in verskeie Amerikaanse stede gelei.
Prokureurgeneraals van 16 Amerikaanse state het Sondagaand Namibiese tyd die uitvoerende bevel van pres. Donald Trump veroordeel wat enige vlugtelinge uit en enigiemand met visums van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen toegang tot Amerika vir drie maande verbied.
Duisende mense oral oor die VSA het die naweek ook hierteen betoog.
Trump het die drasties verskerpte immigrasiemaatreëls Vrydag aangekondig.
Die bevel was onmiddellik van krag en het onder meer veroorsaak dat mense op lughawens in die VSA aangehou is voordat hulle later vrygelaat of gedeporteer is.
Federale regters in minstens vier state het oor die naweek noodbevele uitgereik.
Dié hofbevele maak dit nou vir reisigers met wettige visums en mense wat as deel van die vlugtelingprogram reeds na die VSA op pad was, moontlik om die VSA te mag binnekom.
Die leier van die Demokratiese Party in die Amerikaanse senaat, Chuck Schumer, het Sondagaand volgens Reuters gesê sy party gaan Trump se bevel met wetgewing probeer omkeer.
Die Withuis het die bevel verdedig. Slegs tientalle reisigers word teruggehou, het die stafhoof, Reince Priebus, aan CBS gesê.
“Dit was nie ’n chaos nie,” het hy op NBC se program Meet the Press gesê. “325 000 reisigers het die VSA Saterdag binnegekom, waarvan 109 aangehou is.”
Verskeie regerings het ook volgens Reuters hul misnoeë met die immigrasieperke te kenne gegee.
Theresa May, Britse premier, het gesê: “Ons stem nie saam met dié soort benadering nie en ons sal nie self so ’n benadering volg nie.”
Intussen berig die Daily Mail Trump se bevel kan ook keer dat bekendes soos die Britse langasem en Olimpiese kampioen Mo Farah kan terugkeer na sy familie, wat in Oregon woon.
Farah, wat verlede week in Ethiopië geoefen het, is in Somalië gebore en is op die ouderdom van agt Brittanje toe.
Die Iranse fliekvervaardiger Asghar Farhadi, wie se fliek The Salesman vir ’n Oscar benoem is, het volgens Reuters Sondagaand in ’n verklaring gesê hy sal nie die Oscar-plegtigheid bywoon nie, selfs al word daar vir hom ’n uitsondering gemaak. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie