Duisende betoog teen Brexit in Londen
Organiseerders sê dit is waarskynlik die grootste optog teen Brexit tot dusver.
Honderdduisende mense wat gekant is teen Brittanje se beplande onttrekking aan die Europese Unie, het Saterdag in Londen opgeruk om te eis dat ’n nuwe referendum oor die kwessie gehou word.
Dit is die jongste krisis vir Theresa May, premier, wat reeds deur diep waters gaan in ’n poging om haar sogenaamde Brexit-ooreenkoms deur die Britse parlement goedgekeur te kry.
Betogende Britte het Saterdag deur Londen se strate marsjeer met plakkate wat lui “Die beste ooreenkoms is geen Brexit” en “Ons eis dat die mense stem”.
Organiseerders sê dit is waarskynlik die grootste optog teen Brexit tot dusver.
Ná drie jaar van debatvoering is dit steeds onseker hoe Brexit gaan gebeur en selfs of dit gaan gebeur.
May het Vrydag gesinspeel daarop dat sy dalk haar ooreenkoms, wat al twee keer deur die parlement verwerp is, weer vir oorweging gaan voorlê.
The Times en The Daily Telegraph het albei berig dat daar groot druk op May is om te bedank.
“Ek sou anders gevoel het as die proses goed bestuur is en die regering sinvolle besluite geneem het. Maar dit is totale chaos,” sê Gareth Rae (59), ’n inwoner van Bristol wat na Londen gereis het om aan die betoging teen Brexit deel te neem.
“Die land gaan verdeel word ongeag wat gebeur.”
Terwyl Brittanje en sy politici sukkel om tot ’n ooreenkoms te kom, is almal dit eens dat dit die belangrikste strategiese besluit vir die land is sedert die Tweede Wêreldoorlog.
Saterdag se betogers het vanaf Hydepark tot by die premier se huis by Downingstraat 10 gegaan en by die parlementsgeboue geëindig.
Hoewel daar nog geen amptelike aanduiding is van hoeveel betogers deelgeneem het nie, sê organiseerders daar was “honderdduisende” mense. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie