Duisende betoog vir strenger wette teen vuurwapens
Duisende betoog vir strenger wette teen vuurwapens

Duisende betoog vir strenger wette teen vuurwapens

Massa-saamtrekke is gehou in reaksie op die toenemende massaskietvoorvalle by skole en kolleges in Amerika.
Honderdduisende Amerikaners het Saterdag reg oor dié land en wêreldwyd ten gunste van strenger vuurwapenwetgewing in Amerika betoog.

Studente van die hoërskool in Parkland, Florida, waar 17 mense op Valentynsdag vanjaar in ’n skoolskietery dood is, het ook die grootste van dié saamtrekke, in Washington, toegespreek.

Die sanger Ariana Grande, wat verlede jaar in Manchester, Engeland, ’n selfmoordbomaanval by ’n konsert daar oorleef het, het ook by die saamtrek in Washington opgetree.

Volgens die organiseerders is soveel as 500 000 mense by dié saamtrek naby die Amerikaanse Kongresgebou verwag.

Die betogings is gehou in reaksie op die toenemende massaskietvoorvalle by skole en kolleges in dié land. Pogings om strenger beperkings op vuurwapenverkope te plaas loop hulle telkens vas in die streng beskermende wetgewing hieroor.

Meer as 800 betogings is Saterdag reg oor Amerika en wêreldwyd gehou. Daar is selfs betogings vir Mosambiek, Mauritius en Ghana beplan.

Die organiseerders wil hê die Amerikaanse Kongres moet die verkoop van aanvalsgewere soos die een wat in die Florida-aanval gebruik is, verbied, en strenger agtergrondkontroles vir voornemende kopers van enige vuurwapens instel.

Aan die ander kant van die debat is daar diegene wat meen die grondwetlike reg tot vuurwapenbesit behoort ten alle koste beskerm te word.

Pres. Donald Trump het Vrydag wetgewing onderteken waarvolgens agtergrondkontroles vir vuurwapenverkope effens versterk is en geld geskenk is aan skole om vuurwapengeweld te help voorkom. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!