Duisende dalk hul werk kwyt ná AB inBev-samesmelting
3% van arbeidsmag in gedrang
Hanlie Stadler - Anheuser-Busch InBev (AB InBev) gaan na verwagting in die drie jaar ná sy oorname van SABMiller, 3% of sowat 5 500 mense afdank.
SABMiller het minder as 70 000 werknemers en AB InBev 150 000, maar die totale arbeidsmag word reeds verminder met die verkoop van SABMiller se belange in verskeie biere en brouery tydens die samesmelting, insluitend MillerCoors, Peroni, Grolsch en China Resources Beer.
Die afleggings is deel van ’n poging om geld te spaar – een van die redes vir die enorme samesmelting in die eerste plek.
Volgens die dokument oor die samesmelting wat Vrydag gepubliseer is, sal die besnoeiings in fases gedoen word.
AB InBev wil altesame US$1,4 miljard per jaar bespaar. SABMiller het self die afgelope jaar sy teiken vir besparings tot US$1,05 miljard teen 2020 verhoog.
Produksie- en verspreidingskoste kan deur die samesmelting verminder word.
Volgens kenners is die besparings aansienlik minder as wat AB InBev gedoen het tydens vorige verkrygings. Carlos Brito, uitvoerende hoof, is berug vir sy kultuur van besparing by alles van brouerye tot verkoopspunte.
Maar AB InBev sê geen poste in verkope sal verlore gaan nie, deels weens die ooreenkoms wat hy met reguleerders as voorwaarde vir goedkeuring moes aangaan.
In Suid-Afrika self mag geen poste weens die samesmelting vir drie jaar lank besnoei word nie.
SABMiller se hoofkantoor in Londen word wel geïntegreer met die groephoofkantoor in Leuven, België, wat byna 500 mense hul werk sal kos. – Netwerk24/Bloomberg/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie