Duisende dollar verwag vir skaars wyne
Duisende dollar verwag vir skaars wyne

Duisende dollar verwag vir skaars wyne

Veiling deur Sotheby''s in Hong Kong aangebied
Estelle de Bruyn
Bloomberg berig die versamelwynmark is besig om te herstel ná ’n daling van 40% in die prys van baie Bordeaux- of Premier Cru-wyne na die hoogtepunt van ’n bullopie in die middel van 2011.

Premier Cru-wyne is ’n klassifikasie wat aan wyne wat van die Chateau Lafite Rothschild, Chateau Latour, Chateau Margaux, Chateau Haut Brion en Chateau Mouton Rothschild kom en kos glo gemiddeld $1 000 (sowat R13 708) of meer per bottel.

Die Londen-gebaseerde Liv-ex Fine Wine 50 Index van die beste Bordeaux-wyne het vanjaar reeds met 20% gestyg nadat dit vyf jaar agtereenvolgens gedaal het.

Aansienlik stewiger pryse word verwag wanneer verskeie van dié wyne eerskomende naweek onder Sotheby’s se afslaghamer in Hongkong kom.

Verwagtings

Ses bottels 1998 Petrus van die Pomerol-gebied in Bordeaux mag ’n prys van soveel as $15 470, oftewel meer as $2 500 per bottel, haal, berig Bloomberg.
Teen ’n wisselkoers van R13,71 teenoor die dollar sal so ’n bottel wyn jou dus sowat R34 272 uit die sak jaag.

Drie magnums van dieselfde landgoed se 2005-oesjaar kan vir meer as $19 000 verkoop word, terwyl ’n kas met 12 bottels 2005 Chateau Mouton Rothschild teen meer as $7 000 verkoop kan word.

Volgens die Sotheby’s-katalogus word twee sesliter-bottels van dieselfde Mouton-jaar teen $5 150 per bottel gewaardeer.

12-bottel-kaste Chateau Lafite Rothschild kan vir soveel as $9 670 elk verkoop word, terwyl 12-bottel-kaste 2009 en 2010 Chateau Latour ongeveer $12 890 per kas kan haal.

Historiese wyne wat ook verkoop gaan word, sluit in ’n dubbel magnum Lafite 1865, wat volgens Sotheby’s teen meer as $45 000 gewaardeer is en ’n enkele bottel Mouton 1945, wat teen bykans $13 000 gewaardeer is.

Die afslaer hoop die veiling, wat Vrydag begin, sal sowat $11,6 miljoen verdien.

Volgens Guinness World Records is die duurste bottel wyn wat tot nog toe verkoop is ’n 1787 Chateau d’Yquem, wat $56 588 gehaal het – oftewel R775 753 in vandag se wisselkoers. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!