Duisende gebruik reeds aanlyn onderrig
Duisende gebruik reeds aanlyn onderrig

Duisende gebruik reeds aanlyn onderrig

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht -

*91% van studente wat aan ‘n opname by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) deelgeneem het, sê hulle gebruik hul slimfone en 74% hul skootrekenaars vir aanlyn onderrig. Sowat 24% het geen toerusting nie.

*Platforms vir aanlyn onderrig is reeds geskep en skep ‘n virtuele omgewing waarin studente en dosente met mekaar kan kommunikeer, sê dr. Delvaline Mowes van Nust.

*Sowat 94% van Nust-studente het reeds ‘n rekening vir e-learning.

*Ten spyte van die inperking was meer as 50% van Nust se studente steeds aktief op die universiteit se aanlyn platform.

*Die meerderheid van die universiteit se programme word reeds deur middel van e-learning gelewer.

*Praktiese kursusse bv. paramedici maak reeds gebruik van simulasies en video’s vir praktiese opleiding.

*Dr. Maggy Beukes-Amiss van die Universiteit van Namibië (Unam) sê die universiteit is gereed met jare se ondervinding van aanlyn onderrig.

*Meer as 7 000 Unam-studente studeer sedert 2018 net aanlyn.

*Studente ontvang die afgelope vier jaar 4G-toestelle, terwyl simkaarte ook gebruik kan word om ‘n selfoon in ‘n hotspot te verander.

*Ontledingsprogramme hou dagboek van alle studente se aanlyn gebruik van studiemateriaal en lesings.

*Volgens die uitvoerende direkteur van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, dr. Alfred van Kent, moet bestaande stelsels opgeskerp en met verwante rolspelers gedeel word.

*Met verwysing na beroepsgerigte onderrig moet simulasies en opnames gebruik word soos met praktiese klasse op universiteit. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer