Duisende na veiligheid gebring ná vloede in Nebraska
Minstens drie mense is reeds in die Amerikaanse deelstaat Nebraska dood, terwyl duisende mense reeds na veiligheid gebring is ná dodelike vloede in die deelstaat.
Sneeu, groot stukke ys in vloedwater en yskoue reën het verwoesting gesaai in die deelstate Iowa, Nebraska, Wisconsin, Minnesota en Suid-Dakota, berig die BBC.
CNN sê Nebraska is nie veronderstel om deur water omring te word nie, maar dit lyk tans of dit 'n eiland is.
'n Amerikaanse lugmagbasis is reeds amper onder water in Nebraska, terwyl daar water vloei waar daar veronderstel is om land te wees, berig CNN.
Inwoners in die Midde-Weste van Amerika maak gereed vir nóg vloede, berig NBC. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie