Duisende op pad na VSA al wag weermag op hulle
Duisende migrante uit Sentraal-Amerika, wat op pad is na Noord-Amerika, het Dinsdag in die Mexikaanse stad Guadalajara aangekom, berig Associated Press.
Volgens Fox News het hulle Saterdag hul reis noord hervat, nadat hulle ’n paar dae in Mexikostad gerus het.
Die migrante gaan voort met hul tog al wag duisende Amerikaanse weermaglede vir hulle op die grens.
Soos vroeër berig, het pres. Donald Trump gedreig om asiel vir migrante wat Amerika op ’n onwettige manier binnekom, op te skort.
Die migrante, van wie die meeste uit Honduras kom, reis sedert die begin van Oktober om geweld, korrupsie en werkloosheid in hul tuislande te ontvlug.
Sowat 4 000 mense is deel van die tog na Amerika.
Hulle stap of gooi duim langs die hoofweë sodat hulle die grens vinniger kan bereik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie