Duisende se vervalste geld by sjebeens bestee
Duisende se vervalste geld by sjebeens bestee

Duisende se vervalste geld by sjebeens bestee

Jo-Mare Duddy Booysen
Twee Namibiese mans het gister in die landdroshof in Katutura verskyn ná hulle met vervalste geld betrap is.
Hulle bly in aanhouding.
Die Bank of Namibia (BoN) het vanmiddag ‘n verklaring uitgereik waarin hulle die publiek teen vervalste note waarsku.
Luidens die verklaring het die mans verlede Donderdag probeer om drank by ‘n sjebeen in Otjomuise te koop. Die eienaar het onraad bemerk en die polisie in kennis gestel.
Die mans is die volgende dag in hegtenis geneem toe hulle na dieselfde sjebeen teruggekeer het. Hulle het toe reeds N$2 800 van dié vervalste note by verskeie ander sjebeens bestee. Een van die verdagtes het nóg N$4 000 se vervalste geld in sy besit gehad.
Volgens die BoN het die verdagtes die vervalste note op ‘n gewone rekenaardrukker gedruk en met ‘n skêr uitgeknip. Die gehalte van die vervalste geld was dus swak, sê die BoN.
Die vervalsing van geld kan tot ‘n boete van tot N$100 000 of tronkstraf van tot sewe jaar of beide lui, sê die BoN.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!