Duisende troepe ontplooi voor grootste orkaan in dekade
Troepe van Amerika se Nasionale Garde is ontplooi en duisende inwoners van die deelstaat Florida is Maandag beveel om hul huise te ontruim, twee dae voordat ’n lewensgevaarlike orkaan die gebied luidens weervoorspellings gaan tref.
Die orkaan Michael se huidige windspoed is ongeveer 140 km/h en word net sterker. Dit is na verwagting die sterkste storm in die streek in die afgelope dekade.
Die owerhede waarsku dat die orkaan tot hewige oorstromings kan lei vanweë die reeds hoë watervlak weens die orkaan Florence, wat verlede maand Noord- en Suid-Carolina getref het.
Michael kan ’n kategorie 3-sterkte bereik.
Luidens die land se nasionale orkaansentrum kan daar tot 30 cm reën oor Florida en die deelstate Georgia en Suid-Carolina val. ’n Noodtoestand is ook in Georgia se aangrensende deelstaat Alabama afgekondig.
Michael, die 13de storm van die seisoen, het Kuba reeds bereik met ’n stormwind en swaar neerslae.
Oor die naweek is 13 mense in sentraal-Amerika weens fratsoorstromings dood nadat die orkaan aan die noordelike kus van Honduras ontstaan het.
Rick Scott, goewerneur in Florida, moes sy Republikeinse veldtog vir die Amerikaanse senaat kortknip en ’n noodtoestand in 35 distrikte afkondig.
Scott waarsku inwoners in ’n twiet: “Maak vandag nog ’n plan, want môre kan dit dalk te laat wees. Dit is van uiterste belang om na jouself en jou geliefdes om te sien.”
Meer as 1 000 troepe help mense wat langs die kus woon om te ontruim. Nog 4 000 troepe is op ’n gereedheidsgrondslag geplaas. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie