Duisende vir diere in lotery

'n Voltydse student en diereliefhebber in die hoofstad het daarin geslaag om sowat N$40 000 ten bate van die Katbeskermingsvereniging van Namibië (CPSN) en die Dierebeskermingsvereniging van Namibië (DBV) in te samel.

Me. Shannon Grellmann (22) het 'n lotery genaamd Cause for Paws in Maart vanjaar van stapel gestuur om dié organisasies, wat meestal op skenkings van die publiek moet staatmaak, te help om die nodige te kan aanskaf om hul viervoetige afhanklikes te versorg.

Grellmann het pryse vir die lotery ter waarde van sowat N$40 000 by verskeie borge gekry.

Sy is ook deur onder meer Hitradio Namibia, BDO Namibia, Groove Studios, Mikel Jes, The Grove Mall of Namibia, Gilbert Schiebler, ­Savannah Collins, Maerua Druk & Tekens, Mystiq Designs, Reons Tours en Viver Fragrancia Make-up Consultants ondersteun.

Sy wil 'n verskil maak wat diere se welsyn betref, hoe klein dit ook al mag wees, het sy gesê.

Dit was 'n reusetaak, het sy gesê, maar op 31 Mei vanjaar kon Grellmann die lotery sluit en is dit deur BDO Namibia geouditeer.

'n Bedrag van sowat N$38 400 is deur middel van kaartjieverkope ingesamel.

Grellmann was verheug toe sy op

6 Junie sowat N$19 200 onderskeidelik aan me. Melna van Zyl van die CPSN en me. Adelene Schonken van die DBV kon oorhandig.

Sy het haar dank teenoor vriende, familie en borge vir hul ondersteuning uitgespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!