Duisende vir kanker
The Dome Swakopmund het tydens sy gewilde damesaand, wat in September plaasgevind het, meer as N$36 000 vir die Kankervereniging van Namibië (CAN) ingesamel. Dit was die tweede keer dat Namibië se voorste sport- en leefstylsentrum sedert die amptelike opening in 2017 gasheer vir 'n CAN-fondsinsameling gespeel het. “Ons is baie gelukkig met die aantal vroue wat dit bygewoon het en ook die geld wat ons só vir CAN kon insamel. Ons sal voortgaan om dié tipe geleenthede aan te bied om sodoende hulp te kan verleen aan dié wat dit nodig het,” sê mnr. Arne Putensen (regs) van die organiseringskomitee. Putensen is bygestaan deur sy kollega, mnr. Dave Hammond (links), mee. Sugnét Smit en Christine de Klerk van Namibian Adventure Organisers en Mare-Lize Peddie van Tokkies Travel. Me. Celeste Steyn van CAN se tak op Swakopmund het die tjek ontvang. Die Suid-Afrikaanse komediant Craig du Toit Nel het die gehoor met sy vlymskerp humor laat huil van die lag, terwyl daar ook 'n demonstrasie van drie fiksheidsmodelle en “musikale stoele” op die spyskaart was.
FOTO Christine Visser (The Dome Swakopmund)
FOTO Christine Visser (The Dome Swakopmund)
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie