Duister toekoms vir jongmense
Duister toekoms vir jongmense

Duister toekoms vir jongmense

Hoofartikel
Dani Booysen
Nuwe data oor werkloosheid wat verlede week deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon ‘n afname op sekere fronte, maar bied nie naastenby genoeg lig in die tonnel nie.

Een syfer wat die rooi ligte laat flikker, is dat werkloosheid onder die jeug (15- tot 34-jariges) in 2018 tot 46,1% toegeneem het teenoor die 43,4% wat in 2016 aangeteken is. Die nasionale werkloosheidsyfer is 33,4%.

Van jongmense met ‘n diploma of graad, het 18,3% gesê hulle kry nie werk nie. Die syfer is gevaarlik naby aan een uit elke vyf gegradueerdes.

‘n Ekonomie waarin jong mense nie werk vind nie, is blootgestel aan ernstige risiko’s.

Die totale aantal jong werkloses is 265 770, sowat 19 500 meer as in in 2016.

‘n Afsonderlike statistiek toon 44 251 kinders tussen die ouderdomme van 15 en 19 was nie op skool, of vir ‘n ander vorm van onderwys of opleiding ingeskryf nie. In totaal was 305 981 inwoners tussen 15 en 34 nie in diens geneem, of besig met onderwys en opleiding nie. Dié syfer is meer as die totale jong werkloses volgens ‘n breër definisie.

Verbeteringe van ‘n persent of twee op ‘n slag, of breukdele van ‘n persent, gaan nie die land uit hierdie groeiende krisis wikkel nie. Die prentjie vir skoolverlaters is meer as net bleek.

Naas beter onderwys en opleiding is ingrypende diversifisering van die ekonomie, nywerheidsontwikkeling, die uitbou van sleutelsektore en die praktiese kweek van groot getalle entrepreneurs nodig om ons jeug se toekoms te verseker.

Kommentaar

01 April 2019

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Hef aan lê voor vir Edward Kieswetter, wat verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel is as nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat die laaste jare onder beleg was van staatskapers wat die staats­beurs wou buit.

Soos Shamila Batohi, onlangs aangestelde hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), moet Kieswetter as nuwe SAID-kommissaris die geloofwaardigheid herstel van ’n instansie waarvan die aansien en strukture doelbewus uitgekalwe is. Daarsonder sal dadels kom van Ramaphosa se beloofde veldtog vir die uitwissing van korrupsie.

Albei instansies vervul ’n beslissende rol in die statutêre makrokosmos waarin Suid-Afrika se demokrasie gegiet word. En albei is op bepaalde wyses geteiken en gesaboteer ingevolge die meesterplan vir staatskaping wat deur politici, amptenare, hoeders en meelopers bekook is.

Die groot kalfaterwerk by die SAID gaan van Kieswetter meer as net gewone vaardighede verg. Die stelsel, prosesse en vertroue van die personeel moet herstel word. Bowenal moet die bolwerk teen politiekery verstewig word.

Dit alles moet geskied terwyl die SAID sy primêre taak as belas-tinggaarder in landsbelang onverpoos uitbou.

’n Kerngroep van toegewyde beroepsamptenare en knap aanvoorwerk deur sy welwillende voorganger Mark Kingon (as waarnemende kommissaris), tel in Kieswetter se guns. Mag die SAID-regrukproses bydra tot die heropbou van Suid-Afrika.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!