Duitse kolonialisme – fragmente van toe en nou
Die volksmoord van die Herero’s en Nama’s aan die hand van Duitse magte in die vroeë 1900’s vorm deel van ‘n uitstalling in die Deutsches Historisches Museum in Berlyn, Duitsland, wat op verskeie aspekte van Duitse kolonialisme fokus.
Henriette Lamprecht – Hoewel die Duitse Ryk een van die hoof Europese koloniale magte vanaf 1884 tot met die einde van die Tweede Wêreldoorlog was, is dit egter eers die afgelope paar jaar dat Duitsland se koloniale verlede ‘n daadwerklike toetrede tot openbare bewustheid maak. Laasgenoemde veral deur die huidige debat oor die erkenning van die volksmoord van die Herero’s en Nama’s.
Die uitstalling in die Deutsches Historisches Museum ondersoek die onderliggende Europese koloniale ideologie wat gekenmerk is deur ‘n gevoel van meerderwaardigheid teenoor koloniale volke, met die Algemene Akte van die Berlyn-konferensie oor Afrika gedateer 25 Februarie 1885 wat die uitstalling inlei.
Die konferensie is deur verteenwoordigers van 14 lande bygewoon, sonder enige verteenwoordiging uit Afrika-lande, en word vandag gesien as ‘n perfekte voorbeeld van imperialistiese arrogansie en ‘n sleutelelement in die herdenking van Duitse en Europese kolonialisme.
Die uitstalling fokus onder meer op die veelvlakkige magsverhoudinge in die kolonies wat wissel van plaaslik-gebaseerde ooreenkomste tot die daaglikse uitoefening van geweld en oorloë.
Die uitstalling laat ook die kollig val op die motiewe van sendelinge, administrateurs, militêre magte, setlaars en handelaars aan die kant van die Duitsers. Dit ondersoek voorts die vraag of, en tot watter mate die perspektiewe van die gekoloniseerde inwoners in ag geneem is in die optekening en weerspieëling van Duitsland en ook ander Europese lande se koloniale geskiedenis.
Kolonialisme as ‘n vorm van gewelddadige heerskappy is gewettig as ‘n rassistiese ideologie van Europese superioriteit. In praktyk het dit die opgang van uiteenlopende verhoudings van oorheersing bewerkstellig. Uiteenlopend in gelyke mate was die koloniale ontmoetings met rolspelers uit Afrika, die Stille Oseaan-streek en Duitsland waarin elkeen sy eie doelwitte en motiewe gevolg het. Die ontmoetings het gewissel van vriendelike benaderings tot streng afsondering en is deur die verhoudings tussen die kolonie en die Duitse ryk beïnvloed.
Vanuit die huidige perspektief toon die dokumentering van kolonialisme ‘n sterk kontras tussen die vermiste perspektiewe van die koloniale volke en die groot volume versamelings en argiewe wat deur koloniale magte bewaar is.
In die loop van 1884 het Duitse koloniale en handelsmaatskappye gebiede in Togo en Kameroen in Oos- en Suidwes-Afrika annekseer, met Nieu-Guinee wat in 1885 gevolg het. Die hysing van die vlag was die simbool dat die gebied oorgeneem is.
Kanselier van die ryk, Otto von Bismarck se idee dat die handelsmaatskappye plaaslik hul eie administrasie van die gebiede sou organiseer, het egter nie gerealiseer nie, met die ryk wat geleidelik die administrasie van die besette gebiede oorgeneem het en die stuur van koloniale beskermingsmagte ingesluit het.
Vervolgens fragmente en hoogtepunte uit die uitstalling:
*Die Berlyn Afrika Konferensie 1884 – 1885
Koloniale wedywering in Afrika het politieke spanning geskep en vanaf November 1884 tot Februarie 1885 vergader verteenwoordigers van die belangrikste magte in Berlyn. As gasheerland sien die Duitse Ryk die konferensie as ‘n kans om sy kleim as nuwe koloniale heerser af te steek. Tydens onderhandelinge sorg die Belgiese koning, Leopold II, dat die Kongo sy persoonlike koloniale besitting word. Vandag word die konferensie gesien as die plek waar Afrika sonder die toestemming van sy inwoners opgedeel sou word. Die resolusie wat na afloop van die konferensie onderteken is, was ‘n teken van goedkeuring en ‘n mate van regulering in die gewoel na ‘n stuk van die vasteland.
*Algemene Akte van die Berlyn Afrika-konferensie, 26 Feb. 1885
Verteenwoordigers van die staat onderteken die ‘algemene rekord’ wat in Frans opgeteken is. Die persoonlike seëls en handtekeninge van die betrokke rolspelers word alfabeties in Frans gelys. Die seël van die Ryk-kansellier Otto von Bismarck onderaan die dokument is die begin van die Duitse Ryk se toetrede tot die sirkel van koloniale magte. Die handves sluit regulasies in oor wanneer en hoe die magte mekaar se gebiede in Afrika as sfere van invloed moet erken.
*Die alfabet van die hof van koning Njoya
Shumon-skrif, ook bekend as Bamum-skrif is deur koning Njoya en sy raadgewers oor ‘n tydperk van twee dekades ontwikkel. Dit is aanvanklik gebaseer op meer as 460 foto’s en het na 1910 in ‘n fonetiese stelsel ontwikkel wat uiteindelik uit 72 letters en lettergrepe bestaan. Baie skole het in die Bauman-skrif onderrig gegee, maar die gebruik daarvan het na Nyoya se dood in 1933 afgeneem.
*Askari’s in Duits-Oos-Afrika
Vanaf 1884 het die Duitse kolonialiste mans uit Afrika aan die kus van Oos-Afrika in Soedan en Egipte as soldate gewerf. Die askari’s het in terme van opleiding en kleredrag aan die koloniale orde behoort, maar het hul Islamitiese geloof behou. Hul standaard-uniform is van 1889 tot 1891 ingestel en het hul rang in die koloniale hiërargie gewys. Dit is egter ook in hul eie samelewing as ‘n teken van voorreg en ‘n simbool van mag beskou. Die draers van die uniform was beamptes wat eens gerespekteer en gevrees is as verteenwoordigers van koloniale mag en outoriteit.
*Samuel Maharero skryf aan goewerneur Theodor Leutwein
Maharero het aanvanklik met die regering van Duits-Suidwes-Afrika saamgewerk. Ná sy petisies teen die koloniale konfiskering van grond en geweld onsuksesvol was, het hy ‘n Herero-oorlog teen die koloniale magte gelei. Hy het die volksmoord ontsnap deur na die naburige Britse kolonie, vandag Suid-Afrika, te vlug. Sy brief aan goewerneur Leutwein stip die redes vir die begin van die oorlog uit.
*Hendrik Witbooi – Geen skuiling
“Ek sit nou in jou hand en vrede sal op die enigste en dieselfde tyd kom as my dood en die dood van my volk. Want ek weet daar is vir my geen skuiling onder jou nie. Moenie vir my oor vrede predik nie. Ek was heeltyd verskeie kere by jou tydens jou vrede en ek het niks anders as die verwoesting van al ons mense gesien nie. Want jy het my leer ken en ek het jou deur die harde ervaring van my lewe leer ken.”
*Samuel Maharero – bloed van sy mense
“Hoeveel Herero’s het die wittes doodgemaak? Deur wapens en hulle toe te sluit? En elke keer wat ek dit na Windhoek gebring het, moes die bloed van my mense elke keer daarvoor betaal. Baie van die handelaars het die moeilikhede vererger deur hul skuld op my mense te skuif. En wanneer so iets gebeur, het julle ons geskiet. En begin om my mense te laat betaal en hul beeste weg te dryf. Hierdie dinge het tot die uitbreek van oorlog gelei.”
*Generaal Lothar von Trotha se uitwissingsbevel
Na die slag van Waterberg het die Duitse troepe begin om sistematies die watergate op die westelike kant van die Omaheke-sandveld af te sny en ontwortelde Herero’s te agtervolg. Deur die ontsnappingsroetes af te sny en die Herero’s terug te dryf na die waterlose sandveld het dit uiteindelik tot hul dood gelei. Gen. Lothar von Trotha se amptelike strategie sou as die uitwissingsbevel bekendstaan. Hy het aan die Herero’s gesê hulle sou uit die kolonie gedryf word en enige persoon wat sou agterbly, doodgeskiet word. Ander geskrewe korrespondensie bevestig Von Trotha het duidelik beoog om die Herero’s uit te wis. Teen die tyd wat die Reichstag die bevel in 1904 opgeskort het, was dit reeds vir duisende Herero’s te laat. In April 1905 het Von Trotha die Nama’s openlik gedreig dieselfde lot hulle sou tref,sou hulle nie oorgee nie.
*Die volksmoord van die Herero’s en die Nama’s
Die geweldadige weerstand deur die Herero’s aan die begin van 1904 is aangevuur deur die verlies van grond aan die hand van Duitse setlaars, met ‘n toenemende miskenning van regte, armoede, mishandeling en verkragting. Vars troepe is na die opstand van die Herero’s na Duits-Suidwes-Afrika onder leiding van Von Trotha gestuur. Tydens die beslissende slag by Waterberg in Augustus 1904, het die meeste van die Herero’s na die sandveld van Omaheke gevlug. Die Duitse troepe het sistematies die watergate oorgeneem en die vlugtende Herero’s terug na die semi-woestyn gejaag waar duisende gesterf het. In Oktober 1904 het die Nama’s in opstand teen die Duitsers gekom. Die koloniale administrasie het Herero’s en Nama’s in konsentrasiekampe gevange gehou.
*Keiser Wilhelm II
Die herdenkingsmedalje wat deur Keiser Wilhelm II geborg is, het die oorlog in Duits-Suidwes-Afrika opgehemel. Dit is in brons oorhandig aan alle militêre en mediese offisiere wat aan die oorlog deelgeneem het. Die medalje spog met die hoof van Germanië en het 16 aangehegte gespes wat die name van belangrike plekke soos Omaruru, Waterberg, Omaheke en Karasberge in die oorlog insluit.
*Wetenskaplike bewyse
Tydens die oorlog is navorsing ook gedoen en wetenskaplike materiaal in konsentrasiekampe, veral die een op Shark Island, versamel. Liggaamsdele van gestorwe gevangenes is voorberei en na anatomiese en antropologiese versamelings in Duitsland gestuur. Die versameling van gesigmaskers het antropoloë gehelp om “ras-tipes” deur middel van hul gesigskenmerke te vergelyk en te klassifiseer. Vorms is gegiet om gipsafdrukke vir gesigmaskers te maak. Die vorms word in die uitstalling as ‘n genommerde reeks uitgestal om die “ontmensliking van die kategoriseringsproses” uit te beeld.
*Skeppers van Duitse tuistes
Die Vroueliga se tydskrif, Colony and Homeland, het die emigrasie van vroue na die kolonies propageer. Dit het die Duitse vroue as oordraers van kultuur beskryf wat veronderstel was om ‘n Duitse tuiste vir die manlike kolonialiseerders te skep.
*Koloniale Vroueskool
Die leerplan van die Koloniale Vroueskool wat in 1898 in die Duitse dorpie Witzenhausen gestig is, het huishoudkunde, kulturele en natuurlike wetenskappe en tropiese higiënestudies ingesluit. Die studente het basiese kennis verwerf om in die kolonies as onderwysers en huishoudsters te werk of om as ’n boer se vrou beheer van die pluimvee en tuin te neem.
*Berlynse Handelsuitstalling
Een van die hoogtepunte van die uitstalling in 1896, buiten die vloot se prag en praal, was die eerste koloniale uitstalling wat die produkte en inwoners van die kolonie uitgestal het en ontwerp was om belangstelling vir die koloniale projek te prikkel.
*Namibië se onafhanklikwording
Met Namibië se onafhanklikwording in 1990 het ’n groep Herero-elite onder leiding van Kauima Riruako met ‘n veldtog begin om Duitsland die volksmoord te laat erken, verskoning aan te teken en vergoeding te betaal. Hulle het aangedring op direkte onderhandelinge tussen die Duitse Federale regering en die Herero’s, sonder die deelname van die Namibiese regering. Die Namibiese regering het aanvanklik ‘n passiewe rol ingeneem om te vermy dat een etniese groep voorkeurbehandeling deur betalings kry.
*Die oorlog van uitwissing
Willi Munzenberg, uitgewer van die A.I.Z werkerstydskrif, neem in ‘n artikel stelling in teen die revolusionêre kolonialistiese kringe wat ‘n veldtog gevoer het om die kolonies terug te wen en teen die “leuen van koloniale skuld”. Munzenberg praat in sy artikel van ’n "oorlog van uitwissing" teen die Herero’s. Hy was ’n Reichstag-adjunk vir die Duitse kommunistiese party en ook die stigter van die liga teen imperialisme en vir nasionale onafhanklikheid.
*Unie van Suid-Afrika
Vanaf 1915 was Namibië onder die militêre administrasie van die Unie van Suid-Afrika wat die Duitse koloniale magte in die Eerste Wêreldoorlog oorwin het. Om vir die oorname van die Duitse kolonie voor te berei, het Suid-Afrikaanse kantore opnames onder die plaaslike bevolking gedoen en die argiewe wat deur die Duitse koloniale administrasie agtergelaat is, ontleed. Die verslag, wat in 1918 verskyn en as die Blou Boek bekendgestaan het, het die geweld van Duitse koloniale heerskappy veroordeel. Van die koloniale misdade het lyfstryf en teregstellings ingesluit.
*Die storie van ‘n foto
In die Duitse Ryk was fotografie reeds ‘n gevestigde deel van visuele kultuur. Foto’s het in memoirs en albums as trofeë en bewyse van militêre mag verskyn. Die teks en foto’s van die tyd het nie probeer om die uitwissing van die Herero’s weg te steek nie. Foto’s uit 1907 wys Herero’s “verhonger tot blote geraamtes, wat gewoonlik ten spyte van ‘versigtige’ voeding gesterf het.”
Op die vooraand van ‘n politieke krisis wat aangevuur is deur die volksmoord teen die Herero’s en Nama’s, is nasionale verkiesings uitgeroep wat op 25 Januarie 1907 plaasgevind het. Die militêre veldtog was onder skoot vir sy genadelose metodes en hoë uitgawes.
*Vergifnis
Tydens ’n herdenkingseremonie by die Anti-koloniale gedenkteken in die vorm van ’n Afrika-olifant, het me. Heidemarie Wieczorek-Zeul vergifnis vir die misdade van die Duitsers gevra.
“Die gruweldade wat toe gepleeg is, sou vandag as volksmoord bestempel word.” Nooit vantevore het ’n verteenwoordiger van die Duitse regering so duidelik verskoning aangeteken nie. Sy het egter nie kommentaar op moontlike vergoedingsbetalings gelewer nie.
*Die verandering van koers
Moontlik as gevolg van groeiende druk in Duitsland sowel as in die buiteland, het die Duitse buitelandse kantoor en die Federale regering in 2015 hul standpunt verander. In ’n verklaring deur ’n woordvoerder van die buitelandse kantoor, mnr. Martin Schafer, is die oorlog teen die Nama’s en die Herero’s amptelik vir die eerste keer as ’n volksmoord bestempel.
”Die oorlog van uitwissing in Namibië vanaf 1904 tot 1908 was ’n oorlogsmisdaad en ’n volksmoord.”
Tans is verteenwoordigers van die Duitse en Namibiese regerings in onderhandelinge vir ’n amptelike verskoning en die moontlike uitbetaling van vergoeding.
- Bykomende bronne: Uitstalling: German Colonialism – Fragments past and present (Deutsches Historisches Museum, Berlyn, Duitsland)/www.contemporaryand.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie