Duitse Lions-klub in Namibië
Lede van die Jena Lions-klub van Duitsland is tans op besoek aan Namibië. Hulle het saam met die Windhoek Alte Feste Lions-klub ’n wasmasjien, T-hemde en rugsakke ter waarde van N$10 000 aan kinders van die Windhoek Sentrale Staatshospitaal se kankerafdeling geskenk. Die Jena Lions-klub het ook 1 200 Euro aan die Windhoek Lions-klub geskenk, wat hulle ten bate van gemeenskapsprojekte kan aanwend. Sedert 2011 het die twee klubs bande en werk hulle saam aan maatskaplike opheffing. Me. Antonella Langford, projekbestuurder van Jena Lions-klub, oorhandig die items aan die hospitaal se matrone, me. Omangano Shiyanga. Foto Wiebke Schmidt
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie