Duitse minister: Ek is opreg jammer
Geskiedenis is gister op Gibeon gemaak toe kaptein Hendrik Witbooi se besittings ná meer as 100 jaar deur Duitsland aan sy familie teruggegee is.
Jemima Beukes op Gibeon – Die Duitse minister van wetenskap, navorsing en die kunste, me. Theresia Bauer, het gister op Gibeon in die Suide gesê dit is jammer dat dit Duitsland meer as ’n honderd jaar geneem het om vir sy “gruwelike verlede” verantwoordelikheid te aanvaar.
Sy was aan die woord tydens die amptelike oorhandiging van die Bybel en sweep van die eertydse Nama-leier, kaptein Hendrik Witbooi, aan sy nasate.
“Ek is opreg jammer. Ons kan nie die geskiedenis vergeet nie. Daar is ‘n diep behoefte aan heling. Hendrik Witbooi het soos geen ander in die rebellie-geskiedenis sy man teen die Duitse koloniale heerskappy gestaan,” het sy gesê.
Sy het gesê dit is belangrik dat hierdie artefakte ná 126 jaar na hul ware en regmatige tuiste teruggebring is.
Die Namibiese regering het in 2013 versoek dat hierdie artfekate van die museum by die Linden-universiteit in Duitsland af na Namibië teruggestuur word. Dit was sedert 1902 daar en het Dinsdag in die land aangekom.
Dit is via Rehoboth, Kalkrand en Mariental na Gibeon geneem en gebedsgeleenthede is op elk van die dorpe gehou.
“Ons kan nie jul (Witbooi-familie) lyding ongedaan maak nie. Hierdie besoek is nie net om die Bybel en sweep terug te bring nie, maar ook om die toekoms en die onreg van die verlede te herstel,” het Bauer gesê.
Dié artefakte is simbolies aan die enigste oorlewende agterkleindogters van Witbooi, mee. Christina Frederick, Anna Diba, Johanna Witbooi, Elizabeth Kock en Anna Jacobs oorhandig.
Daarná is dit aan die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, vir veilige bewaring gegee. Sy het onlangs aangekondig ‘n gedenkmuseum gaan op Gibeon opgerig word.
Pres. Hage Geingob het ‘n gewaarmerkte afskrif van die Bybel aan die familie gegee.
Een van die agterkleindogters, me. Anna Kock, wou ontsteld weet of dit die laaste keer gaan wees wat Duitsland gesteelde goedere terugbring.
“Ons is weens die oorlog in armoede gedompel. Ons is nou arm,” het sy gesê.
Duitse soldate het die Bybel en sweep in 1893 by ‘n gewonde Witbooi tydens die aanval op Hornkranz gesteel. Meer as 80 mense, onder wie vroue en kinders, is doodgemaak.
Duitsland se koloniale magte het ‘n brutale aanslag teen die Namas geloods toe Witbooi geweier het om ‘n ooreenkoms vir die oorgawe van die gebied te onderteken. Die Duitse magte het daarná op Hornkranz toegeslaan, vee en besittings geneem en huise afgebrand.
Namibië is tussen 1884 en 1915 deur Duitsland gekoloniseer. Dit is in dié tyd dat die Nama-Herero-volksmoord plaasgevind en meer as 60 000 mense na bewering doodgemaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie