Duitse skip kom Benguella bestudeer
Duitse skip kom Benguella bestudeer

Duitse skip kom Benguella bestudeer

Die navorsingspan wil vasstel hoe klimaatsverandering die Benguella-stelsel raak.
Sanet de Waal
Elvira Hattingh

’n Duitse navorsingskip, die RV Sonne, het Vrydag uit Duitsland vertrek om die Benguella-stelsel langs die Namibiese en Suid-Afrikaanse kus te bestudeer.

Tydens dié sending, van sowat twee maande, wil die navorsingspan vasstel hoe klimaatsverandering die Benguella-seestroom raak, sodat hulle ’n beter begrip kan hê van wat die gevolge daarvan vir visse is, asook die oseaan se opname van CO2.

In ‘n mediaverklaring deur die Leibniz-sentrum vir Tropiese Mariene-navorsing (ZMT), verduidelik wetenskaplikes die Benguella-opwellingstelsel teen die oostelike kus van Suider-Afrika, is een van die wêreld se mees produktiewe en visryke stelsels.

Opwellingstelsels soos die Atlantiese Oseaan se Benguella sorg vir tot 20% van jaarlikse visvangste wêreldwyd en speel dus ‘n beduidende rol in die verskaffing van voedsel wêreldwyd.

Wat die Benguella betref, het sardien-vangste in die 1970’s drasties verminder en met klimaatsverandering, het ander visspesies asook jellievis in die gebied in beweeg, wat vrae laat ontstaan oor die see se vermoë om kweekhuisgasse soos CO2 te berg, word verduidelik.

Dié vrae moet deur die SO285-navorsingsekspedisie beantwoord word.

Die Duitse navorsingsvloot se koördineringsentrum aan die Universiteit van Hamburg is verantwoordelik vir die wetenskaplike, tegniese, logistieke en finansiële beplanning, uitvoering en ondersteuning van die skip.

Dr. Tim Rixen van die ZMT is die hoofwetenskaplike aanboord, tesame met dertig ander navorsers van universiteite en instansies in Duitsland, Namibië en Suid-Afrika.

“Terwyl klimaatsverandering momentum kry, is die see relatief stadig om daarop te reageer.

“Dus berus die RV Sonne se navorsing op verskeie langtermynwaarnemingstrategieë. Dit bestaan hoofsaaklik uit inisiatiewe van Namibiese en Suid-Afrikaanse vennote, maar ook deur internasionale projekte wat oseaanwaarneming en klimaatsvooruitskatting wil verbeter,” lui die verklaring.

Die navorsers aan boord van die RV Sonne sal ontsyfer hoe die sirkulasie van die oseaan werk as die vorming van die kusgebied in ag geneem word, asook hoe die faktore die produktiwiteit van die Benguella-seestroom beïnvloed en sy vermoë om CO2 te stoor.

Alle data wat tydens die vaart versamel word, sal by die Duitse oseanografiese datasentrum (DOD), gestoor word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!