Duitse studie toon honde kan Covid-19 by mense ruik
Duitse studie toon honde kan Covid-19 by mense ruik

Duitse studie toon honde kan Covid-19 by mense ruik

Honde is in staat om ná net enkele dae se opleiding Covid-19 by mense te ruik. Dit blyk uit navorsing deur ’n veeartsenykundige universiteit in Duitsland.

Volgens ’n gidsprogram deur die Universiteit vir Veeartsenykunde in Hannover, was agt honde van die Duitse weermag ná ’n weeklange opleiding in staat om met 94 persent akkuraatheid die virus uit te snuffel.

Die honde se vaardighede is getoets deur hulle aan die speeksel van 1 000 mense, waarvan sommiges gesond was en ander Covid-19 gehad het, te laat ruik, berig Bloomberg.

“Ons dink dit werk omdat die metaboliese prosesse in die liggame van siek en gesonde mense totaal verskil,” het prof. Maren von Koeckritz-Blickwede, ’n professor verbonde aan die universiteit in ’n video op YouTube oor die studie gesê. “Ons dink die honde is in staat om ’n spesifieke reuk te identifiseer.”

Die resultate van dié Duitse studie is op 23 Julie in die mediese joernaal, BioMed Central, gepubliseer.

Honde, wie se reuksintuie ’n 1 000 keer meer sensitief as dié van mense is, kan volgens die navorsers met die regte opleiding by lughawens, grensposte en selfs by sportbyeenkomste ontplooi word om mense te identifiseer wat die virus onder lede het. Die studie was ’n gesamentlike projek van die Duitse weermag, die Universiteit vir Veeartsenykunde in Hannover en die mediese sentrum van die Universiteit van Hamburg-Eppendorf.

Von Koeckritz-Blickwede sê die volgende stap sal wees om die honde te leer om tussen Covid-19 en ander siektes soos gewone griep te onderskei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!