Duitse toeris sterf in ongeluk naby Rehoboth
Vanoggend omstreeks 06:10 het ’n 70-jarige Duitse toeris in ’n ongeluk op die B1-hoofpad suid van Rehoboth gesterf.
Die Mitsubishi Pajero wat die man bestuur het, het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag die pad verlaat en omgeslaan. Hy is op die toneel dood.
Die toeris moes glo om 10:00 na Duitsland teruggevlieg het.
Sy naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig nie. Die polisieondersoek duur voort.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie