Duitse vereniging ondersteun sopkombuis

Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Warm maaltyd elke dag is nie almal in Namibië beskore nie.

Mnr. Samuel Kapepo het die Kids’ Soup Kitchen in 2004 die Ombili-woonbuurt in Katutura begin.

Die doel was om 50 kinders twee keer 'n week van ’n warm maaltyd te voorsien.

Vandag ontvang meer as 200 kinders, volwassenes wat antiretrovirale behandeling (ARV) ontvang, asook bejaardes drie keer 'n week hier 'n maaltyd.

Die kinders se ouderdomme wissel van een tot 15 jaar.

Die meeste van hulle is wees of kom uit “moeilike” huise.

Tans kom 15 vrywilligers Woensdae, Vrydae en Sondae bymekaar om maaltye voor te berei en uit te deel.

Die afgelope nege jaar word die sopkombuis deur die Kultur, Bildung und Freizeit e.V. – Cafe am Heizhaus-vereniging van Duitsland ondersteun, wat verlede week hier besoek afgelê het.

Tydens dié besoek het mnr. Sebastian Umbach, wat aan die vereniging verbonde is, kos ter waarde van N$148 000 vir die sopkombuis aangekoop.

“Ons het die geld daarvoor in Duitsland ingesamel. Die sopkombuis sal nou vir die volgende paar maande kos vir die kinders hê,” het Umbach gesê.

Hy is een van die stigterslede van die betrokke vereniging in Ilsenburg in Duitsland.

Die vereniging is deur vrywilligers gestig wat jongmense ’n plek wou bied waar hulle bymekaar kon kom om onder meer musiek te maak.

Sowat 20 jaar later bied die vereniging meer as 'n duisend jeugdiges ’n plek waar hulle onder meer kan werk, debatteer en kreatief kan wees.

Umbach het Namibië twee keer saam met van dié jongmense en een keer saam met van sy kollegas besoek om die sopkombuis vir twee weke lank te help.

Die vereniging ondersteun die sopkombuis jaarliks ook met items soos nuwe tafels, stoele of breekware vir die kombuis.

“Kapepo was ook al twee keer in Duitsland. Die mense wil graag gee en noudat mense hom ken, gee hulle makliker, want hulle kan 'n gesig by die sopkombuis sit,” het Umbach gesê.

Volgens hom wil die vereniging ’n stuk grond koop en ’n gebou oprig sodat die Kids’ Soup Kitchen uit die vraghouer kan trek waaruit dit tans bedryf word.

“Ons het reeds geld hiervoor ingesamel. Sodra die sopkombuis as ’n nieregeringsorganisasie geregistreer is, kan ons met dié planne voortgaan. Hopelik is die nuwe sopkombuis teen die einde van aanstaande jaar klaar gebou,” het Umbach gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!