Duitse vrou wil met donkies stap
'n Avontuurlustige kampvegter vir langore wil 'n staptog met twee van hulle van Suid tot Noord aanpak.
Francoise Steynberg
'n Duitse prokureur wil van die Oranje- tot by die Kunenerivier met twee donkies stap.
Die borrelende, blonde Ellen Horlebein (41) van Mörs naby Düsseldorf, wat haarself 'n voltydse reisiger noem, het in 2016 en 2017 deur Namibië gereis en verlief op die land geraak.
“Terwyl ek met my wit dubbelkajuitbakkie met die pienk buffer 25 000 km op Namibiese paaie gereis het, het ek op 'n grondpad naby Omaruru die idee gekry dit moet wonderlik wees om hier te stap om Namibië ten volle te ontdek.”
Ellen is 'n kranige voetslaner en haar voetspore lê op lang, ver paaie.
Sy het 880 km op die gewilde El Camino-staproete na Santiago in Spanje in 29 dae voltooi en 30 km per dag gestap. Sy het ook die bekende E5-staproete van Duitsland af via Oostenryk oor die Alpe na Italië gestap.
Die idee oor haar staptog met die langore het posgevat toe sy 'n veilige hawe vir donkies by Calitzdorp in Suid-Afrika besoek het en te hore gekom het van die wrede slagting van donkies vir die uitvoer van hul velle na China. Nou is Ellen 'n kampvegter vir donkieregte en wil die staptog vir die bewusmaking van dié kwessie aanpak.
SOEK TWEE DONKIES
“Donkies is sulke slim en hardwerkende diere. Ek is op soek na twee goed opgeleide donkiehingste wat maats is in die Suide om my staptog by die Oranjerivier te begin. Ek het reeds al die toerusting vir die donkies en sal ook hul vervoer na my beginpunt verskaf,” sê Ellen.
Sy beplan om op haar roete van 2 022 km van suid na noord sowat 15 km per dag te stap wat meer as 134 dae is, en dan moet rusdae ook bygetel word.
Waarom wil sy só ver en só lank stap? “Ek het die tyd, ek het die geleentheid en dit is die beste manier om Namibië se mooiste roete van suid tot noord te verken. Waarom nie?” vra sy.
“Daar is baie faktore, soos onder meer die weer, wat die pas van die staptog gaan bepaal. Alles hang van die donkies af en waar ek vir hulle water en kos op pad kan kry. Ek hoop die boere kom ons tegemoet sodat ons water en 'n velige kampplek op plase kan kry.”
Oor haar veiligheid op so 'n lang staptog sê Ellen “ek is bewus van die gevare van mense, maar ek is meer bekommerd oor die gevare van skerpioene en slange vir die donkies”.
Sy hou daarvan om alleen te reis en het haar eerste solo-tog deur Oman onderneem. Sy het ook alleen in Suider-Afrika in die bakkie met die pienk buffer en 'n tent deur Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek, Botswana, Zimbabwe en Namibië gereis.
Tog nooi sy mense uit om van tyd tot tyd by haar staptog aan te sluit, “maar nie vir langer as 'n week nie en daar moet vooraf reëlings getref word”.
Die toergids, mnr. JP Botha, help haar met die logistieke reëlings van die staptog.
ROETE
Haar beplande roete skop af by Noordoewer, dan tot by Solitaire en dan draai sy wes na die kus. Daarna vat sy die pad na Uis, deur die voormalige Damaraland na Opuwo, en eindig by die Epupa-valle.
Ellen vat altyd een luukse item op so 'n lang staptog saam.
“Op die El Camino het ek 'n klein, opvoubare haardroër saamgevat. Hierdie keer sal ek 'n klein opvoubare veldbedjie saamvat,” sê sy, “ . . . en 'n klein kitaar om myself te leer kitaar speel.”
Hoewel sy 'n kranige tennisspeler is, gaan sy nie haar geliefde tennisraket saamvat nie. “Ek het darem nou in Windhoek tennis gespeel.”
Volg Ellen op haar Facebook-blad, “My Pink Bumper”, en op Instagram by MyPinkBumper. Sy doen 'n beroep op die publiek om Botha by 081 355 9175 te kontak indien hulle geskikte donkies het, of om vir haar 'n e-pos by [email protected] te stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie