Duitser op klein eiland onthoof
“Nou maak hy my dood.”
Dan word sy keel met 'n mes afgesny terwyl 'n paar van die gemaskerde mans om hom sê: “Allahu Akbar (God is groot).”
'n Video van 'n minuut en 43 sekondes waarin Jurgen Gustav Kantner (70), 'n Duitse ontvoerde, klaarblyklik deur Abu Sayyaf-lede op die eilandjie Jolo in die Filippyne onthoof word, is deur die Site-intelligensiegroep versprei.
Dié groep monitor djihadistiese webwerwe. Die Filippynse regering het die onthoofding veroordeel.
Jesus Dureza, presidentsraadgewer oor die Filippynse vredesproses, sê amptenare het alles in hul vermoë gedoen om Kantner te red.
“Ons is in rou terwyl ons die barbaarse onthoofding van die soveelste ontvoerde betreur,” sê Dureza in 'n verklaring.
Abu Sayyaf het 'n losprys van US$600 000 (sowat R7,8 miljoen) geëis.
“Terrorisme het geen plek in 'n land soos ons s'n nie en ons as volk moet gewelddadige ekstremisme konfronteer elke keer as dit kop uitsteek,” sê Dureza.
Kantner en Sabine Merz, vermoedelik sy vrou, is in November ontvoer toe hulle op hul seiljag naby Sabah, Maleisië, gevaar het, en is Jolo toe gebring.
Merz is doodgeskiet toe sy haar teëgesit het.
Haar lyk is later op 'n seiljag by die Laparan-eiland in die suide van die Filippyne gevind.
Kantner en Merz is ook in 2008 deur Somaliese seerowers ontvoer, maar later vrygelaat.
Perfecto Yasay, Filippynse minister van buitelandse sake, sê Kantner is dalk onthoof omdat hy siek was.
Yasay sê die Filippyne vra tegnologiese hulp van sy bondgenote om vas te stel waar ander ontvoerders is, maar die land hou by die beleid dat geen losprys betaal sal word nie.
Brig.genl. Restituto Padilla, weermagwoordvoerder, sê die weermag het inligting ontvang dat daar binnegevegte in Abu Sayyaf is. Van die rebelle wou glo op 'n groot losprys wag, maar 'n ongenaakbare leier het daarop aangedring dat Kantner vermoor word.
Martin Schäfer, woordvoerder van die Duitse departement van buitelandse sake, sê Duitse kenners ontleed die video nog om vas te stel of dit outentiek is. As dit is, is dit uiters skokkend.
“Dit laat jou wonder wat mense daartoe kan dryf om so 'n barbaarse misdaad te pleeg, maar ek kan nie nou al sê of die video outentiek is nie,” sê Schäfer.
Hy wil nie sê of Duitsland met die rebelle onderhandel het nie: “Openbare kommentaar help nooit om 'n oplossing in sulke gevalle te vind nie.”
Abu Sayyaf het verlede jaar twee Kanadese in Jolo onthoof, maar hul metgeselle, 'n Filippynse vrou en 'n Noorse vrou, is vrygelaat.
Die groep het al miljoene dollars in die vorm van lospryse gekry sedert hy in die 1990's gestig is.
Die geld word gebruik om vuurwapens, granaatlanseerders en bote te bekom. - Netwerk24/Reuters/Daily Mail

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie