Duitsers skenk klasse
Duitsers skenk klasse

Duitsers skenk klasse

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Twee klaskamers vir preprimêre leerlinge is onlangs by die Laerskool Auas in Katutura in die hoofstad ingewy.

Laerskool Auas is in 1978 gebou en is een van die enigste skole in die omgewing wat steeds middagklasse vir onder meer graad 3-leerlinge aanbied.

Mnr. Christiaan Schlaga, Duitsland se ambassadeur in Namibië, het gesê hoewel die skenking van die klaskamers nie een van die ambassade se prioriteite was nie, kon hulle die geleentheid nie laat verbygaan nie.

Mnr. Gerard Vries, direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, het gesê hy het by die Duitse ambassade om hulp met die bou van die klaskamers gaan aanklop.

Hy sê die dubbel- onderrigskof vir leerlinge in die preprimêre fase is ’n groot uitdaging.

Tafels en stoele vir die klasse is deur die Deutsche Höhere Private Schule geborg en beligting van sowat N$16 500 is deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur geborg, het Vries gesê.

"Die bydrae is vir die rowwe diamantjies van die land sodat hulle kan skitter. Daar is nog baie wat gedoen moet word. Ons sal ons bes doen om vir die verlede te vergoed en ook om die jeug teen die verlede te beskerm,” het Schlaga gesê.

“Kinders is die land se rykdom en ons moet toesien dat hulle uitblink,” het hy gesê.

Me. Linea Joel, hoof van die skool, het gesê Laerskool Auas bied al die afgelope 25 tot 30 jaar middagklasse aan en hulle is dankbaar vir die twee ekstra klasse.

Weens die tekort aan klaskamers het die ministerie ’n kleuterskool by die Evangeliese Lutherse Kerk in die woonbuurt, sowat 800 m van die skool af, gehuur. ’n Vraghouer op die skoolgronde moes ook as klaskamer dien, het Joel gesê.

Me. Alma !Owoses, ’n onderwyser by die skool, sê sy is verlig dat hulle nie meer die hitte van die vraghouer hoef te trotseer nie.

“Die leerlinge sal nou wakker wees in plaas van om te slaap,” het sy gesê.

Me. Laura McLeod Katjirua, goewerneur van die Khomasstreek, het gesê die skenking van die klasse het op die regte tyd gekom.

Marley Tjitjo-argitekte het die bouplanne gratis geteken en SML het die bouwerk gedoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!