Duitsland gee N$103 miljoen vir weermagprogramme
Talle projekte tot 2024 uitgevoer
Die Duitse ambassade in Namibië het €5,3 miljoen (sowat N$103 miljoen) oor die volgende vier jaar aan die ministerie van verdediging en veteranesake vir hulpprogramme met toerusting geskenk.
Die ooreenkoms is deur die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Herbert Beck, en Namibië se uitvoerende direkteur van verdediging, me. Trephine Kamati, onderteken.
Die program is deel van Duitsland se vennootskap met gewapende magte in gekose lande in Afrika om kapasiteit vir vredesmagte te bevorder. Dit behels operasies in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), die Afrika-unie (AU) en Verenigde Nasies om vrede en stabiliteit op die vasteland te handhaaf.
Namibië is sedert 1993 'n vennoot in die program wat in tydperke van vier jaar verdeel word. Tot dusver is toerusting van meer as €30 miljoen aan Namibië geskenk.
Programme wat vanaf 2021 tot 2024 uitgevoer sal word, behels:
• Die konstruksie van 'n mobiele bevelspos vir die staande mag van SADC waar die Namibiese weermag hier deel is van SADC-samewerking.
• Voortgaande sentrale steun vir vredesmissies, veral beroepsopleiding.
• Die voortgaande ontwikkeling van 'n sentrale mediese skool.
• Steun aan die Skool vir Militêre Wetenskap as 'n fakulteit van die Universiteit van Namibië op die gebied van akademiese opleiding.
Die groot projekte wat tussen 1993 en 2020 geïmplementeer is:
• Die konstruksie van 'n fasiliteit by Walvisbaai om ammunisie en ploftoestelle te vernietig.
• Die vestiging van 'n opleidingswerkswinkel vir motorwerktuigkundiges by die Osona militêre basis. Daar is ook 'n werkswinkel vir mediese tegnologie, asook 'n beroepsopleidingarea.
Vanaf vanjaar word steenmakers, skrynwerkers, elektrisiëns, lugversorgertegnici, swysers en loodgieters hier opgelei.
• 'n Bestuurskool is vir die opleiding van bestuurders van die gewapende magte van Namibië gevestig.
• Die vestiging van 'n siekeboeg en 'n motorwerkswinkel by Oshivelo.
• 'n Mobiele veldhospitaal is by die Osona militêre basis opgerig, met fokus op sleutelareas soos 'n laboratorium, teater, intesiewesorgmedisyne, X-strale, tandheelkundie en 'n ongevallekamer, asook 'n mobiele produksiefasiliteit vir mediese suurstof. Dit sluit ook 'n behandelingsaanleg in wat soutwater en besoedelde varswaterbronne drinkbaar maak.
'n Apteek, sanitêre en wasgoedgeriewe, akkommodasie en 'n kombuis is ook deel van die mobiele veldhospitaal. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie