Duitsland gee N$1,1 miljard
Duitsland gee N$1,1 miljard

Duitsland gee N$1,1 miljard

Duitsland se finansiële steun aan Namibië beloop nou al meer as N$15 miljard.
Augetto Graig
Verdana" >



Augetto Graig - Duitsland gaan sowat N$1,1 miljard aan Namibië beskikbaar stel.

Mnr. Obeth Kandjoze, minister van ekonomiese beplanning en hoof van die nasionale beplanningskommissie, het verlede Woensdag ’n tegniese samewerkingsooreenkoms en finansiële toelaag namens Namibië met amb. Christian Schlaga, Duitsland se ambassadeur in Namibië, onderteken.

Dié toelaag sal onder meer vir bosbeheer, die gebruik van biomassa, die bevordering van beroepsopleiding, besigheidsraad, hervormingsdienste, ondersteuning vir staatsondernemingsbestuur, geïntegreerde wildbeskermingsbestuur en die geïntegreerde bestuur van nasionale parke aangewend word.

Dié ooreenkoms stem ooreen met ’n finansiële samewerkingsooreenkoms wat nog met die minister van finansies onderteken sal word.

Sedert onafhanklikwording het Duitsland Namibië in pogings tot nasionale versoening ondersteun en om die nalatenskap van apartheid te hanteer.

Samewerking tussen die twee lande beoog om maatskaplike en ekonomiese ongelykhede aan te spreek.

Tans beloop Duitsland se finansiële steun aan Namibië meer as N$15 miljard, wat regerings- sowel as nieregeringsfinansiering insluit.

Dit maak van Namibië die Afrikaland wat die meeste hulp per persoon van Duitsland ontvang het.

Volgens Schlaga behels die nuutste ooreenkoms toelae van sowat N$500 miljoen vir tegniese samewerking, sowat N$600 miljoen as finansiële toelaag, en sowat N$900 miljoen vir finansiële samewerking, wat die ministerie van finansies nog moet onderteken.

Volgens Schlaga volg dít op onderhandelinge tussen die twee lande wat vroeg in 2017 begin het en in September verlede jaar op Katima Mulilo ten einde geloop het.

“Duitsland glo die beste vennoot is 'n Namibië met volhoubare ekonomiese en maatskaplike groei, wat 'n goeie basis vir inklusiewe groei skep en veral die bemagtiging van vroue en jongmense, asook die beskerming van die Namibiese omgewing, insluit.

“Ons glo Duitse samewerking met Namibië lewer 'n sterk bydrae om die regering van Namibië se doelwit om inkomste-ongelykhede en maatskaplike verskille in die land te verminder, en om baie mense in staat te stel om aktiewer as ooit tevore aan Namibië se ekonomie deel te neem,” het Schlaga gesê.

Die geld sal gebruik word om natuurlike hulpbronne te bestuur, volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder en om vervoerlogistiek in Namibië uit te brei.

Die bestuur van watertoevoer is hoog op die lys van doelwitte wat ook hoër opvoeding insluit.

Ander sektore waarvoor die geld benut sal word, sluit in ’n moderne finansiële stelsel, toerisme en landbou gebaseer op natuurlike hulpbronnebestuur, doeltreffende kragverbruik en hernubare kragopwekking.

Die volgende ronde onderhandelinge tussen die twee lande sal na verwagting in 2019 afskop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!