Duitsland moet bieg, su00ea Geingob
Duitsland moet bieg, su00ea Geingob

Duitsland moet bieg, sê Geingob

Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het vanoggend op Gibeon gesê Namibiërs kan nét aanbeweeg van die massaslagtings aan die hand van Duitse koloniale magte as dié land skuld erken.
Volgens hom sal dit vereis dat Duitsland erken die gebeure tussen 1904 tot 1908 was volksmoord en ’n verskoning daarvoor uitreik, “wat aanvaarbaar sal wees vir die mense van Namibië”.
Geingob het eweneens ’n beroep gedoen op Namibiërs om die nalatenskap van wyle Kaptein Hendrik Witbooi te eerbiedig.
Die staatshoof het Namibiërs en ’n Duitse afvaardiging toegespreek tydens die amptelik ontvangseremonie van Witbooi se sweep en Bybel.
’n Verteenwoordiger van die Linden Museum in Stuttgart, prof. Ines de Castro, het gister op Good Morning Namibia, ’n ontbytprogram op nasionale televisie, erken dié artefakte is destyds onregmatig uit Namibië geneem.
Volgens haar moet hulle nog vasstel presies hoe die artefakte in dié museum in die streek Baden-Württemberg beland het.

Jemima Beukes, joernalis verbonde aan Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, het vanoggend dié foto op Gibeon geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!