Duitsland se beursie oop vir Namibiu00eb
Duitsland se beursie oop vir Namibiu00eb

Duitsland se beursie oop vir Namibië

Ooreenkoms ten bedrae van N$1,1 miljard onderteken
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Na afloop van geslaagde samesprekings tussen Duitsland en Namibië, is ''n tegniese samewerkingsooreenkoms Maandag deur amb. Christiaan Schlaga en die minister van ekonomiese beplanning en die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Tom Alweendo, ten bedrae van €71,9 miljoen (nagenoeg N$1,1 miljard) onderteken.

Die onderhandelinge het omtrent twee jaar geduur en verskeie ministeries, benewens die Nasionale Beplanningskommissie, was betrokke.

Duitsland fokus in sy bystandshulp aan Namibië op drie gebiede, naamlik die bestuur van natuurlike hulpbronne, volhoubare ekonomiese ontwikkeling asook vervoer en logistiek.

Twee ooreenkomste is onderteken. Die een vir ‘n skenking van €30 miljoen, word deur die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW) gefinansier en sluit onder meer die uitbreiding en instandhouding van Namibië se paaienetwerk asook uitbreidings aan die infrastruktuur van die Universiteit van Namibië se kampusse op Ongwediva en Katima Mulilo in.

‘n Nuwe program sal soliede afvalbestuur in Namibië se beskermde gebiede verbeter.

Hierbenewens is ‘n bedrag van €39,9 miljoen vir implementering deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeid (GIZ) en die Federale Instituut vir Geowetenskappe en Natuurlike Hulpbronne (BGR) vir programme soos onder meer die bevordering van beroepsonderwys en -opleiding, ondersteuning van grondhervorming, en die volhoubare benutting van Namibië se minerale potensiaal bewillig.

Amb. Schlaga het gesê die ondertekening van die ooreenkoms is ''n verdere teken dat die betrekkinge van meer as 26 jaar tussen die twee lande voortgesit word.

''n Bykomende twee miljoen euro is reeds in vorige bydraes deur Namibië ontvang.

“Duitsland het in dié tyd ''n betekenisvolle bydrae gelewer om die regering in die ontwikkelingsagenda van die land te steun. Alles wat Duitsland bygedra het, was gegrond op ooreenkomste vir die implementering van planne wat Namibië gemaak het,” het hy gesê.

Ontwikkelingsbystand van Duitsland aan Namibië het sedert 2005 en 2006 aansienlik toegeneem, wat meebring dat die bydrae wat Namibië per kapita ontvang, die grootste in Afrika is. Hy sê die onderhandelinge tussen die twee regerings die afgelope twee jaar het altyd in ''n goeie en vriendelike gees plaasgevind.

Bystand met beroepsarbeid is volgens Schlaga reeds op dreef.

Benewens die ooreenkomste wat gesluit is, het Duitsland sedert Oktober verlede jaar ook by ‘n bykomende N$5 miljoen vir die bekamping van wildstropery bewillig.

Alweendo het op sy beurt gesê Namibië is dankbaar vir die bystand van Duitsland en al die ander ontwikkelingsvennote oor die afgelope 26 jaar.

Hy sê die land is op koers en pres. Hage Geingob het die land verbind tot die beëindiging van armoede sodat dit ''n beter plek vir almal kan wees.

Hy sê ondanks verskeie mylpale, lê groot uitdagings nog voor. Hy het beklemtoon dat welslae reeds behaal is op verskeie gebiede, en dat erkenning daarvoor dikwels nie gegee word nie. Hy sê dit kon nie sonder internasionale vennote bereik word nie.

Alweendo het die hoop uitgespreek dat Namibië en Duitsland nog ''n lang pad van samewerking sal stap.

Hy het ook die versekering gegee dat die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP-5) vóór Maart 2017 bekendgestel sal word.

Sedert onafhanklikwording het Duitsland digby die €1 miljard (meer as N$15 miljard) aan Namibië bewillig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!