Duitsland steun Groot Aub se blaasorkes

Yandi Du Plessis
Die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Herbert Beck, het op 28 Julie 'n skenking van koperblaasinstrumente aan die QueenZab Brass Band van Groot Aub oorhandig.

Die skenking is deur me. Maureen Rooi in ontvangs geneem en bestaan uit trompette, trombone, tubas, 'n marsorkes-tromstel, 'n eufonium en musiekstaanders ter waarde van N$110 735.

Die skenking is deur die Goethe-Institut gefinansier in die kader van hul steun aan musiekgroepe in lande oraloor die wêreld.

Die QueenZab Brass Band is in 2007 in Groot-Aub op die been gebring en tree aktief by gemeen­skapsgeleenthede soos begrafnisse, troues en kerkfunksies op. Rooi, die leier van die blaasorkes, het gesê: “Ons het nie só 'n vinnige reaksie en hulp verwag nie, veral in 'n moeilike tyd soos dié. Ons sal van die skenking gebruik maak om die jeug meer betrokke te kry deur hulle te leer hoe om die instrumente te bespeel. As die jeug meer betrokke is by musiek, hou dit hulle van die strate af.”

Beck het op sy beurt bygevoeg: “Die bevordering van kulturele programme – soos visuele kuns, film, teater, dans, letterkunde en musiek – is 'n belangrike komponent van Duitsland se buitelandse kultuur- en ­opvoedingsbeleid. Ons is bly ons kon die QueenZab Brass Band met dié skenking ondersteun sodat hulle hul werk in die gemeenskap kan voortsit en ons sien daarna uit om die instrumente in aksie te sien en te hoor sodra die Covid-19-pandemie verby is.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!