Duitsland verslap reisreëls kort op VSA se hakke
Ronelle Rademeyer - Duitsland beskou Namibië nie meer as 'n "virusvariantgebied" nie en het Dinsdag sy grense heropen vir reisigers uit Namibië, Suid-Afrika en ander lande in die streek.
Namibië, saam met buurlande, is geklassifiseer as 'n "virusvariantgebied" ná die identifisering van die Omicron-variant van SARS-CoV-2 deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes op 26 November verlede jaar.
Dit het reise na dié Europese land beperk tot Duitse burgers, mense met permanente verblyfreg en lede van hul onmiddellike families.
Hierdie vrygestelde reisigers, hetsy volledig ingeënt of nie, is gedwing om twee weke lank kwarantyn te ondergaan.
In ’n regeringskennisgewing Dinsdag is Namibië en sy buurlande se status verander na "hoërisiko-gebied",
Namibiese reisigers word nou in Duitsland toegelaat sonder kwarantyn mits hulle hul Covid-19-inenting- of herstelstatus kan bewys.
Die VSA se pres. Joe Biden het op 28 Desember 2021 proklomasie 10315 herroep en aankondig reisigers uit Namibië en buurlande mag Amerika weer vanaf 31 Desember besoek. Hulle moet ’n negatiewe Covid-19-toets kan toon wat nie ouer is as een dag nie wanneer hulle aan boord gaan, moet ten volle ingeënt wees en deurgaans tydens hul reis na die VSA ’n masker dra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie